The Southern Cape Branch of the SAVA has been growing for the last few years. The branch covers the practices in the following area: Riversdale in the west, Plettenberg Bay in the east, and Oudtshoorn/ De Rust in the north.

Die Suid-Kaap-tak is redelik bedrywig wat aktiwiteite aan betref. Ons hou gereeld volgehoue professionele ontwikkelings-vergaderings asook troeteldier-kos maatskappye wat funksies reël. Ons poog ook om ons ondersteunings personeel in die praktyke gereeld op kursusse te neem vir opleiding.

‘n Baie suksesvolle mini-kongres word jaarliks gehou wat onder andere deur die President van die SAVV bygewoon word.

Ons lede is aktief betrokke by verskeie organisasie binne die professie bv. die SAVR; die VPG; die SAEVA; die Wildlewe groep en so meer. Verder is van die lede ook betrokke by verskeie Dierewelsynorganisasies soos die DBV en die PDSA. Die veeartse in die Suid-Kaap is egter nie net werkesels nie – ons bly dan in die mooiste deel van ons land! Stokperdjies sluit in: gholf; fietsry; skubaduik; veteraanmotors; perde uithouritte; fotografie en blomkwekers – om maar ’n paar te noem. Ons probeer om mekaar te ondersteun waar moontlik en die fokus plaas op ’n goed gebalanseerde lewe.

We as a branch aim to improve the image of the veterinary profession to the general public; to improve our relationship among ourselves and to maintain and improve good communication with the SAVA and SAVC.

Chairperson: Dr Elke Schwellnus (drelke@vetcaregeorge.co.za)

Scroll to Top