Feb 2016
3
From the President
I Van die President
Moenie
die wêreld se duurste bed
koop nie...
Ons almal, myself ingesluit, wil meer geld hê. Geld wat dinge, mooi dinge – soos ‘n groot huis, ‘n groter kar, ‘n
beter swembad of ‘n jacuzzi, kan koop. Meeste van ons jaag dus agter geld – daardie groot pot goud aan die
einde van die reënboog – aan.
D
eur die soort werk wat
ek gedurende die laaste
paar jaar gedoen het,
het ek met ‘n klomp
ryk, werklike ryk,
mense in aanraking gekom. Ek kan
dus getuig dat die gesegde – “hul
het baie probleme, maar geld is nie
een daarvan nie” beslis waar is. Ek
besef dat daar iewers ‘n balans moet
wees. Sonder geld kan mens nie ‘n
goeie mediese hulpfonds bekostig of
kinders na ‘n goeie skool stuur nie.
Maar wanneer is dit genoeg? Daardie
syfer sal van mens tot mens verskil en
sal waarskynlik met verloop van tyd
verander. Lees asseblief die volgende
gedeelte!
Die HUB van die mees suksesvolle
maatskappy ter wêreld, Apple Inc., het
enkele weke voor hy gesterf het die
volgende gesê:
“Ek het die hoogste punt van sukses
in besigheid bereik. In die oë van
ander was my lewe ‘n simbool van
sukses. Maar, met uitsondering van
my werk, gee min dinge my plesier.
My rykdom is nou net iets waaraan
ek gewoond geraak het. Terwyl ek
hier in die hospitaalbed lê en dink oor
my lewe, besef ek dat, noudat ek die
dood in die oë kyk, al die toekennings
en rykdom waarop ek eens so trots
was onbenullig geword het.
Wanneer dit donker is, kyk ek na
die groen liggies en voel ek die
meganiese geruis van die apparaat
wat kunsmatig vir my asem haal.
Dan voel ek ook die asem van die
naderende dood wat oor my hang.
Nou besef ek eers dat, wanneer jy
genoeg geld bymekaargemaak het vir
die res van jou lewe, jy dinge moet
najaag wat niks met rykdom te doen
het nie. Die dinge moet van groter
belang wees, soos bv. stories van
liefde, kuns, drome van my kinderjare.
Hou op om rykdom na te jaag; dit
maak van iemand net ‘n verdraaide
mens, soos ek ook is.
God het ons so gemaak dat ons die
liefde in elkeen se hart kan aanvoel
en nie die illusies wat met roem en
geld gebou word, soos wat ek gedoen
het nie. Ek kan dit nie saamneem nie.
Ek kan net die herinneringe wat deur
liefde versterk is, saamneem.
Dit is die werklike rykdom wat jou sal
volg, wat oral saam met jou gaan en
wat jou krag en lig gee vir die pad
wat voorlê. Liefde sal duisende myle
saam met jou reis en jou onbeperk
lewe gee. Verhuis na waar jy regtig
wil wees. Werk daarvoor om jou
doelwitte te bereik. Dis alles in jou
hart en jou hande.
Watter bed is die duurste ter wêreld?
Die hospitaalbed. Ja, as jy geld het
kan jy iemand betaal om jou kar vir
jou te bestuur, maar jy kan nie iemand
betaal om die siekte wat besig is
om jou dood te maak, oor te neem
nie. Wanneer jy materialistiese dinge
verloor, kan jy dit weer terugkry.
Maar die een ding wat jy nooit kan
terugkry nadat jy dit verloor het nie,
is jou lewe. Ongeag die stadium van
die lewe waarop ons onsself nou
bevind, sal ons vorentoe almal die
dag waarop die gordyn val in die oë
moet kyk.
Koester jou liefde vir jou familie, jou
liefde vir jou vrou, jou liefde vir jou
vriende. Behandel almal goed en
wees vriendelik met jou bure…”
Vir my sê dit baie. Een van die
meese suksesvolle mense ter wêreld
beveel aan dat ons almal goed moet
behandel en dat ons vriendelik moet
wees met ons bure… Bure, soos die
veearts om die hoek, die man oorkant
die straat, die kollega saam met wie
jy werk en die kollega op die punt van
die gang.
Die lewe is kort. Behandel almal
goed. Deel komplimente uit. Moenie
kritiseer nie. Help mekaar. Waarom?
Wel, waarom nie? Moenie wag tot jy
in die duurste bed ter wêreld lê voor
jy besluit om te verander nie...
v
Johan Marais
Die lewe is kort. Behandel
almal goed. Deel
komplimente uit. Moenie
kritiseer nie. Help mekaar.
Waarom? Wel, waarom nie?
have money, you can hire someone
to drive your car, but you cannot hire
someone to take your illness that is
killing you. Material things lost can be
found. But one thing you can never
find after you lost it: life. Whatever the
stage of life where we are right now,
at the end we will have to face the day
when the curtain falls.
Please treasure your family love, love
for your spouse, and love for your
friends...
Treat everyone well and stay friendly
with your neighbours….”
To me this says quite a lot. One of the
most successful people in the world
recommends that we treat everyone
well and stay friendly with our
neighbours…
Neighbours, such as the veterinarian
around the corner, the guy across the
street, the colleague you work with
and the colleague at the end of the
passage.
Life is short. Treat everyone well.
Give a compliment. Don’t criticise.
Help each other. Why? Well, why not?
Don’t wait until you lie in the most
expensive bed before you decide to
change…
v
Johan Marais
the world
’
s most
expensive
bed
<<< 2




