VN November 2021

Vetnuus | November 2021 28 ZARNI PETER KEMPSTER 03 September 1931 - 22 August 2020 Zarni Peter Kempster (3 September 1931 - 22 August 2020) passed away in August 2020 after a long battle with Lewy Body Dementia and Parkinson’s disease. He is sadly missed by his wife (Sylvia), 7 children, 15 Grandchildren, 7 Great-grandchildren, countless pets and their owners. We will always carry his memory in our hearts. v Jenny Dunlop In sy Taurus-hoedanigheid woon hy, onder meer, internasionale kongresse in Illinois en Den Haag by en onderneem ‘n uitgebreide studietoer na die VSA, Frankryk, Denemarke, Italië en Israel. Awie se betrokkenheid by sy beroepsorganisasie, die SAVV, kan as legendaries beskryf word. Hy is reeds van 1961 lid en later voorsitter van die SAVV se destydse Reproduksiegroep. Hy dien van 1973 – 1978 as verkose raadslid van die SAVV. Van 1976 – 1978 dien hy as President van die SAVV. Dis in hierdie hoedanigheid dat hy ‘n status bereik wat waarskynlik nog nie weer deur SAVV-dienaars geëwenaar is nie. Hy is die dryfkrag vir die bevordering van twee van die SAVV se mees ambisieuse destyse doelwitte: om ‘n beter finansiële bedeling vir staatsveeartse te verkry; om ‘n tweede fakulteit vir veeartsenykunde in ‘n ander provinsie te probeer bewerkstellig. Die feite oor die onbevredigende status quo is deur intensiewe SAVV-navorsing bepaal en die nodige omvattende skriftelike motiverings opgestel. Dit is gevolg deur talle ministeriële besoeke waartydens Awie die professie se saak met kenmerkende oortuiging gestel het. Die Minister het inderdaad op een stadium skertsend verneem of Awie dan oor ‘n seisoenkaartjie vir besoeke aan sy kantoor beskik? ‘n Beter bedeling vir staatsveeartse het weldra gevolg, maar die verhaal van ‘n tweede fakulteit verg ‘n uitvoerige uiteensetting. Paslike erkenning vir sy toegewyde bydraes tot die bevordering van sy beroep, die gesogte Jack Boswell Toekenning van die SAVV, het in 1978 gevolg. Awie se indrukwekkende wetenskaplike produktiwiteit word geïllustreer deur die 53 wetenskaplike publikasies, 17 populêre publikasies en 141 referate en lesings wat uit sy pen gevloei of wat hy voorgedra het. Na sy aftrede leef dieSchutte-egpaar hulle liefdevir dienatuur uit deur tallebesoekeaannasionaleenplaaslikewildtuineennatuurreservate. Awie verbeter ook sy kennis van die inheemse voëllewe deur bywoning van kursusse en lesings. Sy omvattende biblioteek oor plaaslike natuurlewe bevat onder meer ‘n bykans volledige stel van die vlagskip Roberts Birds of South Africa reeks. Verder het Awie hulle sprokieryke Gansbaaihuis se tuin in ‘n paradys vir plaaslike voëlsoorte en ‘n klein versameling skilpadjies omskep deur dit ryklik te voorsien van fynbosstruike en ander voëlvriendelike plante wat hy met groot toewyding versorg en met entoesiasme aan besoekende familielede en vriende vertoon het. Sy hartlike persoonlikheid, toegewyde en hegte gesinsverband, wye belangstellingsveld, getroue vriendskap en eindelose gasvryheid, mildelik ondersteun deur ‘n ondergrondse wynkelder ruim voorsien van kundig-versamelde, verouderde rooiwyne, laat deur sy heengaan ‘n pynlike leemte by sy gesin sowel as by sy vriende. v Rudolph Bigalke In Memoriam

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=