VN November 2021

Vetnews | November 2021 27 HULDEBLYK AAN AWIE SCHUTTE Abraham Paul Schutte, alombekend as Awie, is op 30 Augustus in die ouderdom van 86 jaar skielik oorlede terwyl hy met gebruiklike inkopies besig was om aan die welsyn van sy pragtige inheemse tuin in Gansbaai se vele gevleuelde en ander bewonertjies aandag te skenk. Aan sy vrou, Kinnie, dogters, Karin en Sandra, skoonseun, Pierre, en kleinkinders, Liezl en Paul-Hendrik, my innige medelye met die verlies van ‘n toegewyde, waarderende gade en uitsonderlike pa en oupa. Awie is in Johannesburg gebore en matrikuleer in 1953 aan die DF Malan Hoërskool as hoofseun en kaptein van die skool se eerste rugbyspan. Na suksesvolle keuring, studeer hy veeartsenykunde aan die Onderstepoort Fakulteit. Tydens sy studies is hy vir 2 jaar kaptein van die Onderstepoort rugbyspan. Hy dien ook op die Sportkomitee van die Studenteraad van die Universiteit van Pretoria. In 1958 verwerf hy die Maud Bales- studiebeurs en kwalifiseer in 1959 as veearts. Awie tree onmiddellik in praktykvennootskapmet dr DG Steyn inVereeniging, maar skakel in 1961 oor as senior lektor in genesiologie na die Reproduksie- afdeling te Onderstepoort Fakulteit en verwerf in 1964 ‘n M.Med. Vet (Gyn) graad. In 1967 word die gesogte BP en Agricura nagraadse beurse aan hom toegeken wat hom in staat stel om in 1969 ‘n Spec Doct (Gent) kwalifikasie in België te bekom. Terwyl hy op Onderstepoort werksaam is, is hy vir etlike jare afktief betrokke by die afrigting van die studente se rugbyspan. In 1972 laat vaar hy sy doseerpos en word as assistent-direkteur by die Navorsingsinstituut vir Veeartsenykunde, Onderstepoort se Departement Reproduksie aangestel met die opdrag om die diagnostiese fasiliteite uit te bou. Hy doen pioniersnavorsing op veral chlamidiose by beeste en ensoötiese aborsie by skape. In 1977 maak hy egter ‘n radikale beroepsverandering deur na Mosselbaai te verhuis en ‘n pos as staatsveearts te aanvaar. Kinnie se kulinêre vaardigheid vind uiting in die skepping van ‘n plaaslike restourantjie met die treffende naam van Trap-in-die-gaatjie. In 1980 doen Awie suksesvol aansoek vir die invloedryke vakante pos van Hoofbestuurder Veeartsenydienste van die Taurus Veeverbeteringskoöperasie te Irene, die nasionale liggaam vir die kunsmatige inseminasiebedryf (KI) in Suid-Afrika. Die gewysigde posbenaming van Hoof Uitvoerende Beampte in 1985 vul hy tot sy aftrede in 1994. In hierdie hoedanigheid raak hy intens by die veebedryf betrokke. Hy dien byvoorbeeld op verskeie veeverbeteringswetliggame soos: vise-voorsitter van die Minister van Landbou se Adviesraad vir Diereproduksie; stigterslid van die Komitee oor KI; voorsitter van die Komitee insake die Nasionale Melkbeesprestasie- en Nageslagtoetsingskema; lid van die Minister van Landbou se werkgroep vir tegniese aangeleenthede betreffende die Veeverbeteringswet en sy regulasies. Hy dien ook op die volgende veeverbeteringsliggame: voorsitter van Select Genes, ‘n maatskappy in samewerking met Nederlandse KI-instansies gestig om voortreflike en beproefde genetiese materiaal van die Suid-Afrikaanse veebedryf in Afrika te bemark; voorsitter van Ramsem, ‘n maatskappy saam met BKB gestig om voortreflike en beproefde genetiese materiaal van kleinvee in suider-Afrika, Suid-Amerika en Frankryk te bemark; lid van ‘n internasionale komitee vir KI en reproduksie. 14 Januarie 1935 – 30 Augustus 2021 >>> 28

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=