VN June 2021

Vetnews | June 2021 17 Nico is in September 2020 in ‘n tragiese motorongeluk oorlede wat ‘n groot verlies vir die gemeenskap is. Volgens sy ma, Antoinette Benadé, was daar op sy plot by sy praktyk inVentersdorp ten alle tye donkies en perde wat in proses van rehabilitasie was. Nico sal ook onthou word vir sy energieke betrokkenheid as veeartsenystudent by ‘n projek om ‘n ergonomies doeltreffende donkiekar te ontwerp - hy het ‘n donkievriendelike harnas vir donkiekarre ontwerp, aangesien hy ervaring met die hantering van donkies gehad het. Die projek was onder leiding van Prof Cheryl McCrindle, voormalige hoof van die afdeling vir veeartsenykundige openbare gesondheid by die veeartsenykunde-fakulteit by die Universiteit van Pretoria. Vir Nico se nalatenskap is ‘n Nico Donkie-fonds gestig om sy goeie werk voort te sit met sy geliefde donkies, en ‘n logiese plan is om Eseltjiesrus te help, ‘n gevestigde donkie-toevlugoord en nie- winsoogmerk organsasie in McGregor, Wes-Kaap. Hulle bied reeds ‘n permanente tuiste en liefdevolle versorging aan verwaarloosde donkies (wat betyds gered is). Rehabilitasie en versorging van donkies is vir Eseltjiesrus ‘n prioiriteit, en met Wêreld-Donkiedag nog vars in die geheue, kom neem ‘n donkie aan, of maak ‘n bydrae. Vir meer inligting, besoek www.donkeysanctuary.co.za Verwysing NBD84 (Nico Benadé Donkey 84) v Antoinette Benadé, ma van oorlede Dr. Nico Benadé by Sussie, een van Nico se vele donkies wat deur hom gerehabiliteer is. Ná Nico se dood bly Sussie en die ander donkies by Antoinette en Willem Benadé (Nico se pa) op hulle plaas Rooipoort naby Ventersdorp Nico Benade besig om 'n donkie te behandel Navrae: Nico Donkie-fonds Marianne van der Laarse Sel 0823881000 marianne@agrijob.co.za Navrae: Eseltjiesrus Annemarie van Zijl Tel 023 625 1593 info@donkeysanctuary.co.za

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=