VN June 2021

Vetnuus | Junie 2021 16 O, die donkie, ja die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding! sing Chris Blignault. En vir baie goeie redes. Liefhebbers van hiérdie nederige diere sê prontuit dat donkies slimmer, goedkoper en brawer is as perde. Donkies is weer in die nuus, wel vir die verkeerde redes, met ‘n onlangse insident in KwaZulu-Natal waar die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ‘n vrag met minstens 100 donkies in die Mooirivier-omgewing onderskep het, en die onwettige uitvoer van die donkies na Lesotho gefnuik het. Die arme donkies was in ‘n powere toestand, en is van ‘n gewisse dood gered want hulle was bepaald geoormerk vir slagting vir hulle velle. Wêreldwyd is daar egter hernude belangstelling in donkies se welsyn, en in Suid-Afrika is daar baie donkies wat swaarkry en mishandel word. Dikwels is die eienaars afhanklik van die donkies vir die vervoer van goedere vir inkomste, maar hulle is dikwels baie behoeftig en kan nie veeartsenydienste bekostig nie. Dit lei tot die verwaarlosing van baie donkies. So was 8 Mei Wêreld- Donkiedag, die geesteskind van Raziq Ark, ‘n wetenskaplike wat hom toewy aan die welsyn van woestyndiere. Hy het gesien dat niemand erkenning gee aan donkies vir hulle reuse bydrae om mense se lewenskwaliteit te verbeter, en het ‘n Facebook bladsy hiervoor begin. Dit het aanleiding gegee tot die lootsing van Wêreld-Donkiedag in 2018, en dit word sedertdien wêreldwyd in Meimaand gevier. Wêreld-Donkiedag gaan oor die viering van donkies se onblusbare gees, oneindige geduld en individuele sjarme, en is ook ‘n geleentheid vir diereliefhebbers om betrokke te raak by die welsyn van donkies. In Suid-Afrika is daar verskeie organisasies en individue wat hulle oor donkies ontferm.Só ‘n individu was Dr Nico Benadé, ‘n bekende en geliefde veearts van Ventersdorp, wat hom altyd oor veral donkies en perde ontferm het wat swaarkry. Twee prototipes van donkiekarre wat deur die veeartsenykunde fakulteit by Universiteit van Pretoria en Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) geloods is. Van links na regs is oorlede Nico Benadé, ‘n student by die fakulteit, Dr Erika van Zyl (afdeling vir veeartsenykundige openbare gesondheid), Mnr Hendrik van Zyl (lektor TUT), Mnr Lucas Mabena (lektor, TUT), Prof Cheryl McCrindle (voormalige hoof van die afdeling vir veeartsenykundige openbare gesondheid), Mncedisi Nakim en Victor Masete (beide studente by TUT). Bron: https://www.up.ac.za/faculty-of-veterinary-science/news/ post_1653122-faculty-and-tuts-donkey-cart-project-bodes- well-for-2010 Argieffoto 2007: www.up.ac.za Die donkie ís ‘n wonderlike ding

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=