VN December 2021
Vetnuus | Desember 2021 30 DR MATTHYS NOLTE TROSKIE 25 September 1960 - 31 Oktober 2021 In Memoriam Tussen al sy ander bedrywighede het Pierre ook as eksterne eksaminator in Entomologie by die Onderstepoort Fakulteit gedien op versoek van vroeëre klasmaat Charlie Howell, hoof van dié vakrigting te Onderstepoort en dosent aan die Fakulteit. Hy het ook as eksterne eksaminator in Veekunde vir finale jaar BSc-Landbou studente aan die Fakulteit Landbou opgetree. Die hoogtepunt in Pierre se loopbaan was toe hy as Besturende Direkteur van Agrihold, een van Sentrachem se filiale, aangestel is. Dié pos het hy tot sy aftrede in 1993 beklee. Die Strydom egpaar het hulle verblyf na aftrede tussen woonplekke in Pretoria en Kaapstad verdeel en heelwat gereis, onder andere na ongewone lande soos Jordanië en Iran. Maar benutting van die plaaslike natuur was hul grootste plesier. Veral ‘n plek soos die Krugerwildtuin het baie aftrek gekry. Pierre het sy breë kennis van die natuur altyd vryelik met sy kinders en kleinkinders gedeel met die gevolg dat dat sy liefde daarvoor, tot sy groot vreugde, ook by hulle gevestig is en deel van gesinssametrekke en -vakansies geword het. Die egpaar se pragtige tuin te Ruimtesig in Pretoria was Pierre se groot trots, wat hy tot kort voor sy siekbed met absolute toewyding steeds self bewerk het. Dit was vir ons – Rudolph Bigalke, Jean du Plessis, Japie Jackson, Margaret Rose en Johan Schutte, tans enigste oorlewendes van die Klas van 1953 – ‘n besondere voorreg om Pierre Strydom as skrander klasmaat en lewenslange kollega en vriend te hê. Nes Trudie en haar gesin, sal ons hom baie mis. v Die skaapbedryf het 'n groot steunpilaar verloor op 31 Oktober 2021 toe Matthys Nolte Troskie (61 jaar) aan Covid 19 verwante komplikasies oorlede is. Nolte Troskie is op 25 September 1960 in Colesberg gebore. Hy het skoolgegaan in Aliwal-Noord en het uitgeblink in rugby (op skool en ook op universiteit) en was ook hoofseun van Hoërskool Aliwal- Noord. In die pantserkorps het hy uitgeblink as 'n offisier wat sy troepe met wedersydse respek gelei het, en dìe persoon waarop daar pyl getrek kon word. Na sy kwalifikasie as veearts in 1988 begin hy ‘n privaat praktyk op Burgersdorp. Op 9 Desember 1989 tree hy in die huwelik met Eline vanOostum(Lienkie). Hulle souvanjaar hul 32ehuweliksherdenking gevier het. Aangesien hy beide veearts en boer was, het Nolte hom toegespits op kleinvee reproduksie, wat veral laparoskopiese inseminasie, ultrasoniese sonar (scanning) asook die bepaling van ram geslagsgeskiktheid ingesluit het. Nolte en sy gesin verhuis in 1999 na Bloemfontein. Hy en Lienkie het 2 seuns, Christian (ook 'n veearts) en Anton (elektriese ingenieur). Nolte se beroep het hom op ver paaie gelei en hy het boere geken en besoek uit elke uithoek van Suid-Afrika (asook Namibië). Sy rustige geaardheid en akkurate manier van werk, asook sy onwrikbare geloof in God het hom baie gewild gemaak onder sy kliënte. Nolte is op Saterdag, 6 Oktober 2021 te ruste gelê op sy plaas, Haasfontein, Colesberg distrik, soos voorheen deur hom aangedui. Sy seuns beskryf hom as volg: "Ons Pa was ons held, ons voorbeeld van hoe 'n man moet wees, ons steunpilaar en ons inspirasie. As ons tog net eendag die helfte van die man kan wees wat ons vader was." Lienkie se woorde: " Hy was 'n man met 'n suiwer, sterk, eerbare, liefdevolle karakter - ek het die beste van die beste gehad as my eggenoot". v
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=