VN December 2021
Vetnews | December 2021 29 HULDEBLYK AAN DR PIERRE STRYDOM Ons klasmaat, Helperus Francois gedoop, maar lewenslank as Pierre bekend, is na ‘n onverwagse, relatief kort siekbed op Maandag 1 November in die rype ouderdom van 91 jaar oorlede. Pierre is in 1930 op Cradock gebore waar hy matrikuleer het. In 1949 het hy met sy veeartsenykundestudies aan die Universiteit van Pretoria begin waar ons hom eers leer ken het. Die keuring vir die kursus se tweede jaar op Onderstepoort was baie straf, maar Pierre het hiermee geen probleme ondervind nie. Ons onthou hoe sy naam na toetse altyd onder die heel boonstes op die lys verskyn het van die groot getal studente in medisyne, tandheelkunde, veeartsenykunde en huishoudkunde wat almal saam die algemene eerstejaarkursus moes voltooi voordat hulle, na keuring, hulle keusevakrigtings kon voortsit. Pierre het hierdie pretasie vermag ten spyte van die feit dat hy, as eerste jaar Voortrekkerhuis koshuisstudent, senior studente se tydrowende ontgroeningspraktyke moes verduur asook gereeld rugby-oefeninge en wedstryde as lid van UP se Onder 19A-span bywoon. Hy het ook dwarsdeur sy studiejare te Onderstepoort vir die Fakulteit se eerste span uitgedraf. Aan die einde van 1953 het Pierre sy skitterende studenteloopbaan voltooi deur met lof te slaag en die gesogte Theilermedalje as topstudent van ons klas te verower. Hy is in 1956 met Trudie Malan, as senior skooldogter reeds uitgesoek, getroud. Die egpaar het twee dogters en een seun. Die seun is ‘n regsgeleerde terwyl een dogter onderwys gee en die ander een, benewens huisvrou, ook aktief by liefdadigheid en skoolsake betrokke is. Aan Trudie en haar uitgebreide gesin dink ons 5 oorlewendes van die Klas van 1953 steeds met groot empatie. Hulle het die voorreg ervaar om ‘n uitsonderlike man, pa en oupa te gehad het wat tot aan die einde van sy lewe vir hulle ‘n leermeester op talle terreine, insluitende ”aanvaarding, berusting, vrede en liefde” (sien begrafnisbrief) was. Pierre het ‘n baie interessante, gediversifiseerde loopbaan gehad. Hy was ‘n entoesiastiese natuurmens en het ‘n veearts geword om hom in staat te stel om lewenslank by die natuur betrokke te kan wees. Hy was altesaam vir 5 jaar in privaatpraktyk en was vir 10 jaar by Veterinêre Velddiens werksaam – 8 jaar as senior staatsveearts. In 1967 het sy belangstelling in voorkomende medisyne van diere en diereproduksie daartoe gelei dat hy by die farmaseutiese- en landboubedryf betrokke geraak het. Sentrachem, wat die hele chemiese bedryf bestryk het, is deur Ettienne Rossouw van Sasol- faam gestig. Pierre was aanvanklik by KOP/Agricura werksaam, wat toe deur Sentrachemoorgeneem is endie landbouchemikalieëbeen van Sentrachem geword het. Dissiplines soos veevoeding, en saadproduksie het bygekom. Hy moes sy kennis van die landboubedryf geweldig verbreed om die vele nuwe vakrigtings te bemeester. Onder sy leiding het die firma byvoorbeeld by die voerkraalbedryf betrokke geraak waar die kennis van beesvoeding wat hy opOnderstepoort opgedoen het, goed te pas gekomhet. Die eerste groeistimulant vir dié bedryf is ook saammet 'n Amerikaanse maatskappy plaaslik ontwikkel. Agronomiese boerdery-aktiwiteite, soos die produksie van kontantgewasse, het egter weldra ook deel van sy dissipline geword. Sentrachem het inderdaad, in samewerking met ‘n buitelandse vennoot, op ‘n stadium die wydgebruikte onkruiddoder atrazine, in die Oos-Kaap vervaardig. Daar is selfs veevoermaatskappye in ‘n westerse land en‘n Afrikaland tot stand gebring. Daar is ook met die Staat saamgewerk ommalaria te bestry met DDT wat deur die firma vervaardig is. Dié veldtog was besonder doelreffend en DDT is, ten spyte van emosionele teenkanting, weer in verskeie Afrikalande, onder andere in SA, met vrug gebruik om die veld wat malaria gewen het, terug te wen. Pierre het op hoë vlak met die buiteland saamgewerk. Goeie verhoudings is byvoorbeeld met firmas in twee Asiatiese asook in twee westerse lande opgebou, prestasies wat deursettingsvermoë en baie diplomasie geverg het. Bestuurs- en bemarkingsdissiplines moes bemeester word, wat verdere studie genoodsaak het. Toe kom die vakbondwese in al sy velheid en sy politieke doelwitte. Op een stadium was daar ‘n 10- weke staking wat al Sentrachem se fabrieke betrek het. Dié ervaring het hul seun laat besluit om in arbeidsreg te spesialiseer. 30 Maart 1930 – 01 November 2021 >>> 30
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=