VN June 2020

Vetnuus | Junie 2020 28 ZoetisDieregesondheid VIR DIERE. VIR GESONHEID. VIR JOU Hulpmiddels in die bestuur van stres gedurende die oorgangsperiode van koeie Dr GM Ferreira BVSc, MMedVet (Bov) Spesialisveearts: Voorkomende Geneeskunde Regulars I Zoetis pages Die oorgangsperiode van die koei kan gesien word as die tydperk van ongeveer 60 dae voor kalwing tot 40 dae na kalwing. Dit is dan ook die tydperk waartydens die volgende plaasvind: • Verskeie hormoonfluktuasies ter voorbereiding vir geboorte en herstel van die geboortekanaal. • Die ontwikkeling van die uier vir bies- en melk produksie. • Die voorkoms van verskeie metaboliese sieketoestande (melkkoors, ketose) toeneem en deur voedingsaanpassing vererger kan word. • Die voorbereiding van die eierstokke en hormoonproduksie ter voorbereiding van die volgende dragtigheid. • Die laaste gedeelte van dragtigheid, waartydens die kalf maksimaal groei. • Sekere genetiese aspekte ʼn rol speel in die vatbaarheid van bepaalde siektetoestande. Al die aspekte dra by tot geweldige stres vir die koei en gedurende die tyd beland die diere in ʼn toestand bekend as oksidatiewe stres, wat die afsterf van weefselselle en ander orgaanskade tot gevolg kan hê. Hoewel ons tans nie weet hoe al die meganismes van immuunonderdrukking werk nie, weet ons dat daar ʼn hormonale en metaboliese bydraende komponent bestaan en word immuunonderdrukking waargeneem vanaf 3 weke voor kalwing, met die ergste onderdrukking wat ervaar word die eerste 2 weke na kalwing. Hoewel die diere volgens die bestuursprogram volledig geënt kan wees, veroorsaak die geassosieerde strestoestande druk op die immuunstelsel met verhoogde vatbaarheid vir siektetoestande. Dit is dan ook die rede dat daar ʼn toename in siektetoestande soos lugweginfeksies, longontsteking, agtergeblewe nageboortes, baarmoederontstekings, verhoogde somatiese seltellings en mastitis gesien word by koeie net voor of kort na kalwing. Die produksie en reproduksie sukses van enige kudde word bepaal in die mate waartoe die uitdagings tydens die oorgangsperiode tot ʼn minimum beperk en die diere se immuniteit optimaal ondersteun word. Verskeie studies, met swak sukses, is gedoen om van immuunmodulering gebruik temaak omdie diere se sistemiese immuniteitvlakke te verhoog gedurende die oorgangsperiode. ’n Onlangse studie het egter getoon dat, hoewel die diere sistemies immuunonderdruk is, daar met die stimulering van die sellulêre (lokale) immuniteit ʼn ondersteuning van die sistemiese immuniteit verkry kan word. Navorsing (Cortese et al 2020) het getoon dat daar ʼn verbinding bestaan tussen die lokale asemhalings- en reproduktiewe immuunstelsels. Die uitruiling van gemeenskaplike stimulus tussen die twee Ernst Vikne via Wikimedia Commons

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=