VN August 2020

Vetnews | August 2020 11 Ons het al in vorige uitgawes melding gemaak van families waar veeartsenykunde moontlik deel vorm van elke gesprek, maar dalk is die Harris-familie die kersie op die koek! Dit begin by twee broers, Freddie en Willie. Freddie (Frederick) Harris is gebore in 1963 en het van 1982 – 1987 veeartsenykunde gestudeer. Na kwalifikasie as veearts het hy vir twee jaar diensplig gedoen en as weermagveearts op Alldays gewerk. Weermagveeartsehethoofsaaklikdietakevanstaatsveeartseverrig – soortgelyk aan wat die “verpligte gemeenskapsdiensveeartse” nou doen. Daarna was Freddie vir twee jaar veearts by Limpopo-melkery, en het toe sy eie praktyk, Blouberg Dierekliniek, in Louis Trichardt begin. Hy is steeds by hierdie gemengde plattelandse praktyk betrokke. Willie (Willem Lindeque) Harris, Freddie se jonger broer, is gebore in 1967 en het van 1986 – 1991 veeartsenykunde gestudeer. Van 1991 – 1992 was hy weermagveearts by Voortrekkerhoogte en ook vir ‘n tyd by Swartwater (belas met staatsveeartstake). Van 1994 – 2011 was hy in vennootskap met sy broer Freddie by die Blouberg Dierekliniek. Hy voltooi twee nagraadse modules, in kleinvee- en perdereproduksie, by Onderstepoort en begin in 2011 sy eie praktyk, Noordkaap Repro- en Veeartsenydiens, in Upington. Dis ‘n gemengde praktyk met spesiale belangstelling in kleinveereproduksie. Die twee broers se kinders volg toe in hul voetspore. Barend (Christoffel) Harris, seun van Freddie en gebore in 1990, het sy studies in 2015 voltooi. In 2016 voltooi hy sy verpligte gemeenskapsdiensjaar in Louis Trichardt, Limpopo en in 2017 sluit hy by sy pa aan en werk nou by die Blouberg Dierekliniek. Veeartsenykunde is in hul bloed! 'n Dag in Blouberg Dierekliniek saam met Dr Freddie Harris Dr Barend Harris by 'n Bastergemsbok bul Dr Willie Harris voor die mikroskoop in sy praktyk in Upington, Noord Kaap Article >>> 12

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=