Vetnuus | August 2024 23 Letter to the Editor • Die voordele van voorskrif (“prescription”) dieet aanbevelings en verkope by jou praktyk moet nie onderskat word nie. Nie net is dieetaanpassings gewoonlik ‘n eerste stap aanbeveel deur spesialiste vir ‘n verskeidenheid van toestande (veral t.o.v. vel en gastro-intestinale toestande) nie, dit is ook geriefliker vir die kliënt om nie medikasie te hoef doseer nie. Minder gebruik van antibiotika en immuunstelsel moduleerders soos kortisoon is verder ook vir die pasiënt voordelig. Die meerderheid voorskrifdiëte is net by praktyke beskikbaar, so die fokus op ‘n spesiale dieet as deel van ‘n behandelingsprogram bevoordeel verder praktykinkomste. • Beskerm jou “oor die toonbank” produkinkomste deur te fokus op handelsname wat nie te koop is by die plaaslike supermark spesialiteitswinkel of koöperasie nie. Doen die moeite om te gaan kyk wat hulle aanbied en teen watter pryse, want jou kliënte doen dit. Die regte keuse van watter produkte in jou praktyk verkoop word, is veral van toepassing op kat- en hondekos onderhoudsdiëte, wat die kliënt gemiddeld een maal per maand sal terugbring na jou praktyk. Navorsing dui daarop dat 78% van kliënte graag ‘n aanbeveling t.o.v. kos van hulle veearts wil ontvang, maar dat dit net in 22% van konsultasies deur veeartse aangebied word**. Daar is steeds dierekosmaatskappye wat gratis kos in monstersakkies en produkbrosjures aan veeartse beskikbaar stel om te gebruik tydens konsultasies. Bemarking van die handelsname wat jy in jou ontvangsarea verkoop is primêr die veearts se plig en nie dié van jou ontvangspersoneel nie. • Die invloed van jou eie aksies en keuses op jou praktyk se finansiële gesondheid moet nooit onderskat word nie. ‘n Finansieel gesonde praktyk is belangrik vir alle praktyk werknemers, maar nog meer so vir die veearts wat homself en sy werknemers aan die einde van elke maand moet betaal. https://www.petfoodindustry-digital.com/ petfoodindustry/library/page/june_2024/37/ ** dr Andy Sparks, Purina Institute, CPD lesing Mei 2024 Die stellings hierin gemaak is nie noodwendig die van Vetnuus, SAVA of enige personeel nie. v We, the members of the Association, resolve at all times: • To honour our profession and the Veterinary Oath • To maintain and uphold high professional and scientific standards • To use our professional knowledge, skills and resources to protect and promote the health and welfare of animals and humans • To further the status and image of the veterinarian and to foster and enrich veterinary science • To promote the interests of our Association and fellowship amongst its members. Ons, die lede van die Vereniging, onderneem om te alle tye: • Ons professie in ere te hou en die Eed na te kom • ‘n Hoë professionele en wetenskaplike peil te handhaaf en te onderhou • Ons professionele kennis, vaardigheid en hulpbronne aan te wend ter beskerming en bevordering van die gesondheid en welsyn van dier en mens • Die status en beeld van die veearts te bevorder en die veeartsenykunde te verryk • Die belange van ons Vereniging en die genootskap tussen sy lede te bevorder. CREDO 24-Hour Toll-Free Helpline: 0800 21 21 21
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=