VN August 2023
Vetnuus | August 2023 24 Maatje (Malie) Marie Sophie Smuts 27 Februarie 1933 – 23 Mei 2023 Malie, soos almal haar geken het, is op 27 Februarie 1933 in Potchefstroom gebore. Sy was die kleindogter van die Duitse sendeling Daniel Heese wat tydens die Anglo-Boereoorlog blykbaar deur lede van‘n Britse regiment vermoor is. Haar laerskoolopleiding geskiedhoofsaaklik aandie Laerskool Pretoria-Oos en symatrikuleer in 1948 aan die Hoër Meisieskool Bloemhof te Stellenbosch. Op sterkte van haar eerstejaarstudies aan die Stellenbosch Universiteit word sy in 1951, as enigste vrouestudent van 18 studente, gekeur vir die tweedejaar veeartsekundestudies aan die Onderstepoort Fakulteit. Aan die einde van 1954 kwalifiseer Malie as veearts en verwerf, as die beste student in die klas, die gesogte Theilermedalje. As sesde vroulike Onderstepoort graduandus, was sy die eerste een om di é medalje te verower. Sy aanvaar ‘n assistant pos in die bekende Rondeboschpraktyk van drs Faull en Burgess, maar besluit na ‘n jaar om by die internasionaal aktiewe Morele Herbewapenings beweging, met hoofkantoor in Switserland, aan te sluit waar sy tot 1969 vrywillige morele opwekkingswerk doen. In 1970, egter, aanvaar sy professor HPA de Boom se uitnodiging om as lektor by sy Anatomiedepartement van die Onderstepoort Fakulteit aan te sluit waar sy, as eerste vroulike aanstelling, snel haar stempel as uiters bekwame, gewilde dosent begin afdruk. Op sterkte van ‘n tesis getiteld The Blood vessels of the Cervical Vertebrae of the Ox word die DVSc-graad in 1976 met ‘n gemiddelde punt van 90% aan haar toegeken. Malie besoek in 1977/78 agt Anatomiedepartemente aan Europese fakulteite om die mees suksesvolle metodes van onderwys in veterinêre anatomie te bestudeer. In 1982 volg sy prof JMW le Roux as professor en hoof van die Departement Anatomie op toe hy as dekaan van die Fakulteit aangestel word. Malie se reputasie as ‘n altyd vriendelike, regverdige, dog ontoegeeflike eksaminator het aan haar die gepaste studentebynaam van ‘The smiling executioner’ besorg. Op haar versoek, word‘n beleid van roterende hoof van die department in 1986 ingestel. Malie het inderdaad ‘n merkwaardige loopbaan deurspek van prestasies gehad. Mees uitstaande van haar uitgebreide internasionale betrokkenheid, is waarskynlik die anatomiese studie op die dromedaris kameel wat sy op uitnodiging van prof D Cohen, direkteur van die Ben Gurion Universiteit se‘Desert Research Centre’ in die Negev in Israel, gedoen het. Die teksboek, The Anatomy of the Dromedary , met Smuts as senior outeur, verskyn in 1987. Sy dien ook in 1991 as gasprofessor aan die ‘Koret Veterinary School’ in Rehovot, Israel. Op sterkte van die dromedarisstudie bied sy op uitnodiging in 2002 ‘n gaslesing by die Texas A & M universiteit in die VSA aan. Benewens The Anatomy of the Dromedary , was sy ook senior outeur van die teksboek Die Kameel/The Camel. Voorts was sy, met prof JMW le Roux, mede-outeur van die omvattende boek ‘Anatomie van die huisdiere’ die eerste veterinêre disseksiegids in Afrikaans
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=