VN August 2023

Augustus 2023 15 Ek is Dr Marthie Kleynhans van Clocolan Dierekliniek in die Oos-Vrystaat. Ek het grootgeword op ’n plaas buite Kroonstad in die Vrystaat waar ons geboer het. Ek was nooit die tipe dogter wat een of twee keer saam met my pa in die bakkie gespring het om na die vee te gaan kyk nie – ek het vakansies saammet hom geboer. Ek was tuis tussen die beeste en skape en dit het later daartoe gelei dat ek die siek diere op die plaas moet versorg. Ek wou dit nog altyd doen. Ek het van kleins af ’n groot liefde vir die natuur en die plaaslewe gehad. Ek hou baie daarvan om vis te vang en te jag, maar so lief as wat ek vir diere en die plaas is, is dit steeds vir my lekker om my kreatiewe kant uit te leef. Tydens vakansies op skool as ek my boerskoene uitgeskop het, het ek kraletjies geryg, juwele gemaak en ge-scrapbook, en vandag skilder en teken ek graag. Ek gaan stap graag met my drie Border Collies en saans geniet ek gewoonlik ’n glasiewyn of twee terwyl ek diemooi Oos-Vrystaatse sonsak bewonder. Ek was in Kroonstad op skool en tydens my Hoërskoolskoolloopbaan het ek deelgeneem aan Jeugskou. Dit het in my ’n ongelooflike passie en liefde vir beeste gekweek en ek glo dit is wat my verder geprikkel het omVeearts te gaan swot. Te danke aan Jeugskou was ek gemaklik daarmee om met beeste en ander plaasdiere te werk. ’n Skielike skop in die verkeerde rigting van ’n bees of ’n harde gebulk was vir my normaal, nie iets waarvoor ek bang was nie. Ek was vir drie jaar namekaar aangewys as Suid Afrikaanse Nasionale Kampioen in die Suiwelbeesafdeling. Ek het ook aan die Jersey Nasionale Jeugskoukampioenskappe deelgeneem en ander skoue regoor die land. Ek sal hierdie tydperk in my lewe vir niks wil verruil nie. Dit het my baie lewenslesse, selfdissipline en deursettingsvermoë geleer. Ook dat sukses nie van self kom nie. Dit het my voorberei vir die pad wat ek nog sou moes stap. Nadat ek aan Hoërskool Kroonstad in 2011 gematrikuleer het, het ek eers vir twee jaar BSc Agric aan die Universiteit van Pretoria geswot. Ek het uiteindelik keuring gekry vir Veearts en in 2018 gekwalifiseer by Onderstepoort. Ek sal my jare op Onderstepoort nooit vergeet nie en die vriende wat ek daar gemaak het, is nou soos familie. In my gemeenskapsdiensjaar (CCS) het ek by die CVC kliniek Cluny Animal Trust in Fouriesburg ’n pos gekry. Ek wou nog altyd in die Oos Vrystaat tussen al die mooi berge gebly het en ek was baie opgewonde om my loopbaan daar te begin. Daar het ek die voorreg gehad om deur ’n uitmuntende veearts, Dr Katherine Barker gementor te word. As ’n jong veearts was hierdie jaar vir my baie uitdagend gewees. Meeste vanmy werk was klinies, aangesien ek ’n praktiese pos beklee het. Sonder Dr Katherine se hulp en ondersteuning sou ek nie die guts gehad het om die jaar by die horings te pak nie. Ek het ’n magdom ondervinding opgedoen – sy het my toegelaat om komplekse prosedures uit te voer en my geduldig in die regte rigting gelei sodat ek die regte diagnose kon maak. Sy het my geleer om hart oop te maak vir ander mense, veral die gemeenskap ommy wat dit so broodnodig het. Nadat sy Nieu-Seeland toe geëmigreer het, het ek een van Cluny AnimalTrust se trustee lede geword. Dit is vir my ’nwonderlike eer om die legacy wat sy in Suid-Afrika agtergelaat het te laat voortleef. Ná my CCS-jaar was ek gelukkig genoeg om by Clocolan Dierekliniek te begin werk. Ek besef dis ’n groot voorreg om as veearts in die platteland te kan praktiseer, maar dis nie sonder sy uitdagings nie. Gelukkig is ek so bevoorreg om saam die welbekende yster veearts en my grootste mentor Dr Liezel Wasserman te kan werk. Ek was gelukkig genoeg om as ’n student ook by haar te kon leer. Ek het my praktiese by haar gedoen en sy het my toeglaat ommeeste van die prosedures self te doen, onder haar toesig. Sy het my touwys gemaak rondom grootdiersiektes en chirugie en sy het nie omgegee nie om haar kennis en onderving met my te deel nie. Sy het my van die begin af geleer hoe om my man te staan. Een van die groot uitdagings vir ’n veearts op die platteland, is om die boere se vertroue te wen. Gelukkig vir my het Dr Wasserman het reeds vir jare lank die pad vir vrouens op die platteland oop ge-bulldoze en dit het die lewe vir my baie makliker gemaak. Sommige van my ander vroue kollegas was nie so gelukkig nie en daar is steeds boere wat verkies dat “haar man, die veearts” of een van die ander kollegas moet uitkom om die kalf te kom trek. As ’n jong grootdierveearts het ek gou geleer dat jou werk meer bevraagteken gaan word en dat jy baie harder moet werk om jouself te bewys voordat jou kliënte vertroue in jou gaan hê. Ek het ook geleer om nie alles persoonlik op te neem nie, want dit kan jou siel breek. Onthou, daar gaan altyd mense wees wat nie van jou gaan hou nie! Ek is in 2022 verkies as voorsitter van die SAVA Oos Vrystaat Tak. Dit is vir my ’n groot voorreg om te kan terug ploeg in ons beroep. Dit gee my nie net die geleentheid om te leer by ander veeartse nie, maar ook om leiding te bied vir ander jong veeartse in ons area. Om ’n mentor te wees vir jong veearste en om hulle op te lei lê baie na aan my hart, daarom is ek ook deel van die CCS SAVA mentor-mentee progam. Ek sou nie vandag die veearts gewees het wat ek is sonder die mentorskap wat ek by ander vroue- en mansveeartse gekry het nie. Hulle het my nie net professioneel ondersteun nie, maar ook emosioneel. Ek voel dit is baie belangrik vir ’n vrou om haar vroulikheid te behou, al is jy in ’n “manswêreld”. Dit is baie maklik om jouself en menswees te verloor omdat daar die meeste van die tyd van jou verwag word om soos ’n man te dink. Ons as vrouens is ge-bless met ’n 6de sintuig. Ons is detail-georïenteerd, ferm, tog sag en ek glo dat dit in ons guns tel as veeartse. Rupi Kaur skryf: “I stand on the sacrifices of a million women before me thinking what can I do to make this mountain taller so the women after me can see farther”. Ek vind aanklank hierby omdat ek hoop dat ek eendag vir ander vroue ’n voorbeeld en mentor kan wees soos die vroue voor my vir my was. As ek iets kan na laat vir ander vroueveeartse is dit die volgende: Maak tyd vir jouself en jou geliefdes. Gee jouself die kans om die mens agter die Dr voor haar naam te leer ken en doen iets lekkers en spontaan wat jou nie bind aan jou werk nie. Gaan drink ’n bottel wyn of 3 saam met vriende en vier die lewe, want jy as vrou is spesiaal volgens God se beeld geskape en daar is nie ’n man soos jy nie. Glo in jouself as vrou en veearts, jy is geskape ombeide te wees! v Dr Marthie Kleynhans Female Vets in Practice

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=