VN May 2021
Vetnews | May 2021 3 Van die President Groetnis Kollegas! Ek skryf hierdie boodskap op die vooraand van Wêreldveeartsenydag wat op 24 April gevier word. Op die dag vier ons die deurslaggewende rol wat veeartse en die para-veeartseny beroepe in die gemeenskap speel. Vanjaar vier ons in besonder die werk wat veeartse doen om om die gesondheid van dier en mens te beskerm tydens die COVID-19 pandemie. Die SAVV, saam met ons sleutelrolspelers, die SAVR, DLGHDO, BVF en die onderskeie para-veeartseny verenigings kan trots wees op die manier waarop ons die uitdagings gedurende die afgelope jaar en ‘n bietjie hanteer het. Ons het dit reggekry dat veeartsenydienste as noodsaaklik verklaar is, het riglyne vir praktyke tydens die COVID-19 grendelperiode opgestel en het geleer om op ander maniere te vergader en te leer. Ons was ook betrokke en het saamgewerk in verskeie siektebeheerveldtogte en ander belangrike sake. Veeartse het weereens gewys dat hul aanpasbaar is en by omstandighede kan aanpas deur innoverend op te tree. Dankie aan Katya van nFluence Media en Dale Parrish en haar V-Tech span wat onderskeidelik aansienlike mediadekking gereël en geborg het. Ons het radio-onderhoude op Channel Africa, KFM en RSG gevoer, sowel as ‘n TV-onderhoud op eNCA, waarydens ons Wêreldveeartsnydag kon vier en die deurslaggewende rol wat ons professie in die gemeenskap speel kon uitlig. Die SAVV het insette tot die konsepriglyne oor die verskeping van lewende hawe aan die einde van April by die DLGHLO ingedien. Ons handhaaf steeds die standpunt dat die vervoer van lewende hawe oor lang afstande om in die land van bestemming geslag te word beide die diere en mense aan onnodige risiko blootstel, soos onlangs weer met die Suezkanaal blokkade uitgelig is. Ons aanvaar egter dat daar wel in die toekoms weer besendings kan wees. Dit was dus uiters belangrik dat die SAVV insette moes lewer om die gesondheid en welsyn van die diere tydens veskeping te verbeter. Wat veral kommerwekkend is, is ladingsdigtheid, enons het aanbeveel dat daar baie meer ruimte per dier toegelaat moet word. Ons ondersteun ook die verbod op besendings na die Midde-Ooste tussen Mei en Augustus, en het die noodsaaklikheid van onafhanklike monitering van die toestande tydens die verskeping beklemtoon. Dit wil voorkom of kollegas nou gewoond geraak het aan virtuele vergaderings en kongresse. Die herfsdireksie en FedCo hibriede vergaderings op 26 en 27 Maart was hoofsaaklik in virtuele hoedanigheid bygewoon. Ons kon verskeie aspekte wat vir die vereniging van belang is aanspreek en daaroor terugvoer gee. Om te verseker dat ons tydskrif, VetNuus, relevant bly moet ons toesien dat genoeg en toepaslike inhoud beskikbaar gestel word. Ons het die SAVV Direkteur vir Groepe en Takke, Dr Graham Tedder, gevra om ‘n rooster vir geskeduleerde bydraes van FedCo lede op te stel. Ons het ook vir Fedco gevra om insette te lewer tot die toekomstige struktuur van VetNuus sodat ons die toekoms van hierdie belangrike publikasie kan bepaal. Dankie aan ons direkteure en FedCo lede wat voortdurend tyd afstaan om ons vereniging te dien en aandag daaraan te gee. Ons is almal besig, maar die SAVV en die professie sal sukkel om doeltreffend vorentoe te gaan sonder kollegas wat hulself besikbaar stel om te dien. Ons waardeer veral dat Drs Ivan Lwanga-Iva en Nandipha Ndudane hulself beskikbaar gestel het omDr Tom Spencer met EduCom te help. Die idee van ‘n tweede veeartsenykunde fakulteit is in diepte bespreek. Ditwil voorkomof daarwel behoefte aannog ‘n fakulteit of uitbreiding by Onderstepoort is, want die huidige fakulteit is oor hul kapasiteit met studente. Soos altyd is befondsing ‘n probleem. Dit neem ons na die onlangse virtuele visitasie by die fakulteit. Dis duidelik dat die fakulteit onvoldoende befonds word wat dit moeilik maak om lektore te behou en optimum akademiese en praktiese blootstelling aan ons studente te bied. ‘n Woord van dank aan die SAVV se visitasiespan – Dr Tom Spence, Ziyanda Majokweni, Bevin Meyer en Paul Reynolds – wat die visitasie as waarnemers meegemaak het. Dit gaan aansienlike samewerking tussen die betrokke rolspelers en die Departement van Hoër Onderwys verg om die pad vorentoe te beplan. Soos altyd – waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, soos bewys deur die Noord-Wes Universiteit se inisiatief om Suid-Afrika se 11de mediese fakulteit te begin! ‘n Uiters opwindende verwikkeling gedurende April was die loods van die SAVV se D6 kommunikasie App. Veeartse is bekend daarvoor dat hul nie e-posse lees of daarop reageer nie, maar ons kyk gereeld na ons telefone. Die D6 App is ‘n uitstekende interaktiewe platform om belangrike algemene sowel as SAVV-spesifeke iniligting te ontvang en terselfdertyd die lidmaatskapvoordele optimaal te gebruik. Alle lede sou ‘n SMS ontvang het om te registeer sowel as ‘n e-pos wat die aflaai-instruksies uiteengesit het. Doen asseblef die moeite om dit af te laai sodat jy kan sien wat die SAVV vir jou doen. Dankie aan al ons lede en kollegas vir jul ondersteuning, toewyding en waardevolle insette tot ons vereniging en die professie. Dit is noodsaaklik dat ons saamstaan en saamwerk gedurende hierdie uitdagende tye. Ons diere, mense en die omgewingmaak staat op ons vir “Eén Gesondheid”. Kom ons wees getrou aan die uitgangspunte van ons kredo en die leiding van ons Here. v Die uwe in geloof, Leon
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=