VN March 2021
Vetnews | March 2021 3 Van die President Beste Kollegas Terwyl 2021 voortstoomen dit al amper herfs is, lyk dit of die einde van die tweede golf van COVID-19 nou in sig is. Daar is egter steeds talle bekommernisse en onsekerhede, veral oor die virulensie van die Suid- Afrikaanse COVID-19 stam, en ook twyfel oor die doeltreffendheid en veiligheid van die onderskeie entstowwe. ‘n Ander aspek wat belangstelling wek is die vermenigvuldiging en mutasie van SARS-CoV-2 in diere. Die Wêreldgesondheidorganisasie (WHO), OIE en Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) het sopas ‘n dokument vrygestel oor navorsing op pels-plase. Die oordrag van COVID-19 vanaf nertse na mense op hierdie plase word daarin bevestig. Dis veral van belang in Europa, waar die risiko van virusvermeerdering en mutasie, gevolg deur die oordrag na mense en die vry-lewende wilde populasie hoog is. Virusmutasie lei natuurlik ook tot kommer dat virulensie sal verhoog en die doeltreffendheid van beskikbare en toekomstige entstowwe sal verlaag. In Suid-Afrika het veeartse opgemerk dat varke dalk as vermeerderings-gashere kan optree. Dit word tans by die LNR-Onderstepoort Veeartsenykundige Navorsingslaboratoria bestudeer. Die groep van agt berggorillas van die San Diego Dieretuin Safaripark het herstel van hul positiewe diagnose. Dit het gelei tot ‘n debat in die OIEWildswerksgroep rondom die meriete en risiko daarvan om vatbare bedreigde spesies in te ent. Na die suksesvolle vergadering met die Minister van Landbou aan die einde van Januarie het ons hard gewerk om die verwysingsraamwerk vir ons voorgestelde Ministerieële Veeartsenykunde Advieskomitee (MVAK) op te stel. Met die skryf hiervan is dit ook tyd om hierdie dokument aan die Uitvoerende Komitee van DLGHLO voor te lê vir oorweging. Ons is opgewonde oor die geleentheid om met die minister saam te werk en om strategiese insette tot beleid oor “Eén-Gesondheid” en veeartsenykunde te lewer. Die minister het ons versoek oor noodsaaklike werkerstatus gunstig ontvang en die Hoofveearts, Dr Mike Modisane het aan ons genoem dat die COGTA in beginsel saamgestem het. Ons wag nou op amptelike bevestiging van die Gesamentlike Direkteur-Generaalsgroep. Ons het pas ‘n brief van die DLGHLO ontvang oor die protokol rakende die toets vir beheerde siektes by nie-geakkrediteerde laboratoria en/of met nie-gevalideerde toetse. Die SAVV direksie ondersoek dit tans en is besig om opinies oor die dokument in te win, voordat ons met die Direktoraat Dieregesondheid in gesprek sal tree om die pad vorentoe te bepaal. Die SAVV het steeds goeie mediadekking geniet, want ek het onderhoude gevoer met Lester Kiewit van Cape Talk oor ivermektien en met Pretoria FM oor hondsdolheid-bewusmaking. Ek het ook insette gelewer tot ‘n artikel oor COVID-19 verwikkelinge in diere. Opwindende nuus is dat ek sopas die kontrak geteken het ingevolge waarvan die SAVV die WVV Kongres in 2024 by Kaapstad se Internasionale Konferensiesentrum sal aanbied. Ons het vertroue dat Corné van SAVETCON, saam met die kongresreëlingskomitee onder voorsitterskap van Kol Dr Paul van der Merwe ‘n konferensie van hoogstaande gehalte sal aanbied. Die SAVV se Diere-Etiek en Welsynkomitee (DEWK) het in Februarie vergader. Verskeie belangrike onderwerpe is bespreek, insluitend die Dierewelsynwetsontwerp, die rol van veearste in dierewelsyn, met inagneming van die onlangse WVV verklaring in die verband, die wysigings van die Vleisveiligheidswet en die impak daarvan op die wildindustrie, ons antwoord op die oproep van die EMS Stigting om ‘n verbod op die handel in alle wildsprodukte te plaas en ‘n opvolg op die webinaar oor veeartsenykundige perspektiewe oor die wildsindustrie. Ons het ook nou ‘n versoek van die “Humane Society” ontvang waarin hul vra dat die SAVV ‘n verklaring moet uitreik oor die teel van leeus in aanhouding en verwante aspekte. Daar word ook veranderinge aan die leer-uitkomste oor etiek en welsyn in die BVSc-leerplan voorgestel. Jul kan uitsien na n reeks interessante artikels in VetNuus vanaf die DWEK oor hierdie en ander onderwerpe, soos die voorgestelde verbod op die toets van kosmetika op diere, samewerkng tussen diere- reddingsorganisasies en dierewelsynorganisasies en die verandering van dierewelsynassistente na veeartsenywelsynassistente. Die SAVV Veeartseny Openbare-Gesondheidsherlewingsgroep onder voorsitterskap van Dr Thandi Chappiero, bygestaan deur Dr Ivan Lwanga-Iga het ‘n tweede vergadering gehou en beplan hard om hierdie belangrike groep te laat herleef. Dankie aan al die kollegas wat ‘n bydrae in hierdie verband maak. Ons sienuit na ‘nbesigeMaartmaandmet die SAVVFinKo, Uitvoerende Komitee en ‘n vergadering met die Adjunk-Dekaan van die Fakulteit rakende die keuringskriteria vir BVSc studente op die 3de Maart. Dit sal gevolg word deur ons herfs-direksievergadering op die 26e en die Federale Raad op die 27e. Ons moet steeds getalle in die SAVV Raadsaal by VetHuis beperk onder die COVID-regulasies, so hierdie sal alles gemengde vergaderings wees. Kontak asb vir Elize Nicholas vroegtydig indien jy die vergadeirng in persoon wil bywoon. Ons leef in uitdagende tye. Daar is baie geleenthede om ons professie, diere, dierewelsyn en voedselproduksie te verbeter terwyl ons die uitdagende landskap aanpak. Dis krities dat ons altyd gevestig sal bly in die uitgangspunte en etiek wat in ons SAVV Kredo neergelê is, terwyl ons altyd ons geloof sal uitleef en sal vashou en luister na die Woord en leiding van onse Here. Ons moet aanhou streef daarna om in eenheid saam te werk en om sy liefde te kanaliseer na die bereiking van ons doelwitte. v Tot volgende keer, Leon
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=