VN June 2021
Vetnews | June 2021 3 Van die President Beste Kollegas! Met die aanbreek van winter lyk dit of die derde vlaag van die COVID-19 pandemie nou in sommige dele van die land en ander dele van die wêreld opbou. Die situasie in Indië is veral kommerwekkend, waar die ongbereidelde tempo van infeksie in die groot bevolking geleenthede aan die coronavirus bied om na nog meer stamme te muteer. In Suid-Afrika is die stadige pas waarteenmense ingeënt word opsigself kommerwekkend. Verder, waar ons nou fase 2 van die COVID-19 inentingsprogram betree het, wag ons steeds vir bevestiging van die Departement van Gesondheid dat die weglating van veeartse uit fase 2 reggestel sal word. Dit is ten spyte daarvan dat die COGTA die versekering aan die hoofveearts gegee het dat hul ons insluiting in beginsel ondersteun en dat die saak met die gesamentlike direkteurs-generaalgroep opgeneem sal word. Die SAVV het net voor fase 2 in Mei afgeskop het weer ons brief waarin ons versoek dat veeartse in fase 2 ingeluit word aan die Departement van Gesondheid en die DLGHLO gestuur. Wat mens se opinie oor die doeltreffendheid en veiligheid van die onderskeie entstowwe ook al is, bly dit ontstellend dat ons van die lys weggelaat is. Op grond van wetenskaplike inligting tans beskikbaar stem meeste saam dat inenting ‘n belangrike deel van mens se beskerming teen die siekte vorm, en entstowwe is maar ietwat skaars op ons kontinent. Dis ironies dat bergredders wel daarin geslaag het omop die fase 2 lys ingesluit te word, terwyl mens tog sou dink dat die risiko omCOVID-19 van ‘n gestrande bergklimmer aan te steek heelwat laer is, gegewe die getalle betrokke! Ek was bevoorreg om die Wêreld-Veterinêre Vereniging se virtuele Algemene Vergadering aan die einde van April by te woon. Dit was lekker om met kollegas vanoor die hele wêreld te kan kommunikeer, al was dit dan oor die zoom-platform. Dit is verhelderend om inligting oor al die aktiwiteite van die WVV te bekom, veral tydens hierdie uitdagende tye. Die SAVV kan trots wees op ons WVV Raadslid vir Afrika, Dr Clive Marwick, wat homself ook onderskei as voorsitter van die WVA se Finansieskomitee. ‘n Opwindende verwikkeling was die gebruik van ‘n digitale stem-platform tydens dieWVVAV. Hoewel daar nog groeipyne was, veral met kommunikasie en die tyd wat toegelaat was om te stem, het dit oor die algemeen glad verloop. Rakende finansies – die SAVV se Direkteur van Finansies, Dr Rick Mapham, tree uit na ‘n verlengde dienstermyn. Ons bedank Rick vir sy jarelange uitstaande diens op die SAVV direksie, FinCo en ExCo en wens hom voorspoed toe met sy toenemende werksverpligtinge. Die SAVV is dus op soek na ‘n nuwe finansies-direkteur, verkieslik iemand wat ervaring van FedCo het. Dis hoofsaaklik ‘n oorsig-posisie, want die professionele BD, Gert Steyn, rekenmeester Susan Heine en boekhouer Sonja Ludik hanteer meeste van die bedryfsaspekte en voorbereiding van finansieële dokumentasie vir FedCo, direksie, FinCo en die AJV. Op 8 Mei het ek die grootste deel van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Stigting (SAVS) se AJV en vergadering bygewoon. Die stigting speel ‘n deurslaggewende rol in die ondersteuning van veeartsenynavorsing in ons land en word tans baie goed deur die voorsitter, Didi Claassen en haar direksie gelei. Dankie aan hulle vir hul toewyding aan die SAVS en ook aan die nuwe direkteur, Dr Japhta Mokoele, wat homself beskikbaar gestel het as direkteur na die emigrasie van Prof Kirberger. SAVV groepe en takke word versoek om aan die SAVS tyd af te staan tydens hul kongresse. Die ondersteuning van die professie is krities vir die sinvolle funksionering van die SAVS. Die SAVV toekenningskomitee gaan op 4 Junie vergader. Dankie aan Prof Bath vir sy kundige leiding van hierdie komitee sowel as aan Dr Clive Marwick wat ingestem het om op die komitee te dien na die uittrede van Dr Alain Carter, wat weens werksverpligtinge moes bedank. Ons is natuurlik baie dankbaar vir Alain se lang en toegewyde diens in hierdie belangrike rol. Die volgende bealangrike veld vir opvolgbeplanning is by VetNuus. Redakteur Dr Paul van Dam tree uit na ‘n lang termyn waartydens hy met onderskeiding gedien het. COVID-19 het dit noodsaaklik gemaak om oor te skakel na ‘n digitale publikasie, maar ons glo dat VetNuus steeds ‘n belangrike rol as kommunikasievoertuig in die SAVV speel. Hopelik is daar ‘n kollega met goeie IT vaardighede wat ‘n nuwe uitdaging wil aanpak en die vereniging in hierdie rol wil dien. Dankie Paul, vir jou toewyding en diens oor die jare. Moenie vergeet om te registreer vir die SAVV D6 kommunikator App en om dit af te laai nie. Veeartse is bekend daarvoor dar hul nie e-posse lees of daarop reageer nie, maar ons kyk gereeld na wat op ons fone aangaan. Die D6 App verskaf ‘n uitstekende interaktiewe geleentheid om belangrike algemene sowel as SAVV-spesifieke inligting te ontvang en om jou lidmaatskapvoordele te optimiseer. Alle lede het ‘n SMS ontvang waarin hul gevra word om te registreer, sowel as ‘n e-pos met aflaai-instruksies. Maak aseblief gebruik hiervan en sien so wat die SAVV vir jou doen. Ons is almal besig met werk, familie- en ander verpligtinge, so dis bemoedigend om te sien dat soveel kollegas hulself beskikbaar stel omdie SAVV op die verskeie direksies, groepe, takke, komitees en filiale te dien. Ons organisasie en professie kan nie optimaal funksioneer sonder hierdie toewyding en ondersteuning nie. Die interessant om te sien dat baie filosowe, sowel as ons Here Jesus, opgemerk het dat ware vreugde daarin lê om ander te dien. Mag ons groot vreugde ervaar terwyl ons ons vereniging, professie en nasie, met al sy mense en diere, dien. v Die uwe in diens, Leon
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=