VN July 2021
Vetnews | July 2021 3 Van die President Gegroet, Kollegas! Terwyl die 2021 winterkoue behoorlik byt, is die derde vlaag van die COVID-9 pandemie nou in volle swang in ons land. Tot die SAVV en die hoofveearts se voortgesette frustrasie het ons steeds nie bevestiging van die Departement vanGesondheid ontvang dat die weglating van veeartse as noodsaaklike werkers uit fase 2 van die COVID-inentingsveldtog reggestel sal word nie. Inteendeel, ons het nie eens erkenning van ontvangs vir ons briewe van Januarie en Mei van die Departement gekry nie. Ons het kennis geneem daarvan dat onderwysers nou by die lys ingesluit is, en stem daarmee saam omdat hul ook blootgestel is. Wees asseblief verseker dat die SAVV en DLGHLO se leierskap sal aanhou baklei vir die reg om ons professie teen die virus te beskerm. Die SAVV se toekenningskomitee het op 4 Junie ‘n produktiewe vergadering gehou. Dankie aan die voorsitter, Prof Gareth Bath vir sy besondere leierskap en ook aan Drs Rudolph Bigalke, Ivan Lwanga- Iga en Clive Marwick wat as lede van die komitee dien. Die SAVV vise-president Kol Dr Paul van der Merwe, bestuderende direkteur Gert Steyn en ek het ook as ex-officio komiteelede ‘n bydrae gemaak. Ons is veral dank verskuldig aan Dr Bigalke en SAVV sekretaresse Elize Nicholas vir hul werk met die opstel van sitate en saamstelvannominasiesvirdietoekennings.Dietoekenningskomitee sal aanbevelings vir die 2021 toekennings aan FedCo voorlê. Die SAVV direksie sal op 23 Junie vergader en verskeie belangrike sake wat ons vereniging en professie raak tydens die vergadering bespreek. Hopelik sal ons binnekort goeie nuus hê rakende die vakante finansies-direkteur posisie. Dr van der Merwe sal die SAVV verteenwoordig as hoofspreker tydens die SAVR Indaba op 25 Junie. Ongelukkig het die vlak 3 inperkingsmaatreëls die bywoning in persoon van die Indaba erg in die wiele gery. Ons sal hopelik ook binnekort vordering maak met die aanstelling van ‘n opvolger vir die uitgaande VetNuusredakteur, dr Paul van Dam. Ons sukkel steeds om artikels vanaf die SAVV groepe en takke te kry. Neem kennis dat die bydraes nie van spesialis-joernaal kwaliteit hoef te wees nie. Ons wil graag hê dat ons tydskrif sy naam gestand doen. Voel dus vry om kort berigte wat vir die professie interessant sal wees sowel as oor nuuswaardige geleenthede wat ons kollegas graag sal wil lees in te dien. Dankie aan die wat steeds bydra. Junie het ook sy hartseer gehad met die afsterwe van Prof Tubby Veary na ‘n siekbed en die tragiese moord op Dr Corli van der Walt. Ons innige simpatie en gebede is met hul families en ander geliefdes. Terwyl ek hierdie skryf is die SAVV en RuVASA staatmaker, Dr Faffa Malan met ‘n misterieuse infeksie opgeneem en tans op ‘n ventilator in intensiewe sorg. Hy is ook in ons gedagtes en gebede en ons hoop op spoedige en volkome herstel. Die coronaviruspandemie, winter, die verliese wat ons ly en die normale uitdagings van die veeartsenypraktyk is alles stressors wat ‘n negatiewe impak op ons geestes- en emosionele welsyn kan hê. Voel vry om die SAVV se krisis-inbellyn te kontak as dit voel of alles te veel raak. Wees ook bewus daarvan dat kollegas naby jou dalk ondersteuning tydens hierdie uitdagende tye sal nodig hê. Ons prys ook ons Namibiese kollegas en Hill’s Troeteldiervoeding wat ‘n geestesgesondheidsdag, aangebied deur Birgit Hoffmann, op 26 Junie by die Windhoek Skougronde gehou het. Die fokus was op die hantering van stress en voorkoming van uitbranding. Werklik prysenswaardig! Dankie aan ons kollegas wat die krisis-inbellyn beman en ook aan die SAVV-SAVR mentors wat ons jong kollegas help om die uitdagings van die VGD-jaar te bowe te kom. Die laaste paar jaar het ook groot uitdagings rakende beheerde dieresiektes opgelewer. Die DLGHLO moes toenemende uitbreke van bek-en-klouseer, hondsdolheid, besmetlike misgeboorte, Afrika perdesiekte, Afrika varkpes en hoogs-patogene voëlgriep, sommige op ongewone plekke, te bowe kom. Die SAVV het sy steun aan die DLGHLO toegesê en ook ons volle lidmaaatskap van die Nasionale Dieregesondheidsforum gebruik om met die DLGHLO en ander rolspelers in gesprek te tree. Goeie samewerking is nodig om die siektes te beheer en om ook die “Eén Gesondheidkonsep” uit te bou. Moenie vergeet om te registreer vir die SAVV D6 kommunikator App en om dit af te laai nie. Veeartse is bekend daarvoor dar hul nie e-posse lees of daarop reageer nie, maar ons kyk gereeld na wat op ons fone aangaan. Die D6 App verskaf ‘n uitstekende interaktiewe platform om belangrike algemene sowel as SAVV-spesifieke inligting te ontvang en om jou lidmaatskapvoordele te optimiseer. Alle lede het ‘n SMS ontvang waarin hul gevra word om te registreer, sowel as ‘n e-pos met aflaai-instruksies. Maak asseblief gebruik hiervan en sien so wat die SAVV vir jou doen. Een belangrike les wat ons tydens die pandemie geleer het is dat ons nooit alleen is nie. Selfs wanneer ons in isolasie ingedwing word, soos tydens die vlak 5 inperkings het ons geweet dat ons dit saam moet deurmaak. ‘n Positiewe newe-effek van die pandemie vir ons professie is die verbeterde samewerking tussen die verskeie rolspelers in die veeartseny-omgewing. Onswaardeer dit dat ons kollegas, families, vriende enander geliefdes het wat mekaar gedurende krisisse kan ondersteun. Die van ons wat glo vind vrede in die wete dat ons ‘n Here God het wie se getrouheid en standvastige liefde vir altyd sal vasstaan. v Groete, in samesyn, Leon
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=