VN January 2021

Vetnews | January 2021 3 Van die President Voorspoedige Nuwe Jaar, kollegas! Ek hoopdat jul ‘ngeseënde Kersfees en ‘n veilige en vreugdevolle feesseisoen saammet jul familie en ander geliefdes beleef het. Aan diewatmet vakansie was – ek hoop dit was ‘n welverdiende rus; aan die wat gewerk het – ek hoop jul was net besig genoeg. Ek dink ons kan onsself gelukwens omdat ons 2020, met al die bykomende uitdagings wat die COVID-19 pandemie aan ons gestel het, oorleef het. Nogmaals dank aan ons uitstaande SAVV direksie en VetHuis personeel vir al hul werk en hul toewyding gedurende ‘n uiters uitdagende jaar, en aan al ons lede en kollegas vir hul steun. Noudat ons die tweede vlaag van die pandemie beleef terwyl ons 2021 binnegaan, weet ons dat ons deur buigsaamheid en ons geloof in die beskerming, voorsiening en leiding van onse Here enige hindernis te bowe kan kom. Sommigevandiegrootsuksesverhalevan2020wasdieSAVVsesamewerking met die SAVR, DLGHLO (DALRRD), die BVF, die Fakulteit Veeartsenykunde en ons betrokkenheid by die NDGF (NAHF). Projekte het ingesluit die reaksie op die koronavirus-pandemie, met die gepaardgaande grendelperiode en die daarstel van veearstprakykriglyne, sowel as die suksesvolle #EndRabiesNow veldtog aan die einde van September. Gedurende November en Desember was daar die suksesvolle #BrakesonBrucellosis veldtog, na die uitrbeek van besmetlike misgeboorte in die KZN provinsie, wat nog ‘n voorbeeld is van de samewerking met die SAVR, die DLGHLO, BVF, VVVSA (VNASA), Afrivet en ander organisasies. Ons sien uit na die geleenthede wat die nuwe jaar gaan oplewer! Ons is ook opgewonde oor die herstrukturering van die Nasionale Dieregesondheidsforum sowel as die vorige NDGF voorsitter, Dr Ziyanda Majokweni ennuwe voorsitter Dr Chris vanDyk se inisiatiewe vir die SAVV, sy groepe en takke om so meer veearts-spesialis insette te verseker. Die sukses van die loodsprojek van die gesamentlike SAVV/SAVR mentorskapprogram waardeur die VGD veeartse in diens van die departement gedurende 2020 ondersteun is, het daartoe gelei dat die HWSETA addisonele fondse vir die volgende twee jaar beskikbaar gestel het. Dit sal ons in staat stel om al volgende jaar en die jaar daarna se VGD veeartse te mentor. Ons is steeds op soek na meer mentors. Ons het aansoeke van 66 mentors en 88 jong kollegas vir volgende jaar ontvang. Die SAVV se mentorskapprogrambestuurder, Annalie McCallum het onophoudelik gewerk om die groter getalle en al die aansoeke te verwerk, om nuwe mentors te soek en om finale-jaarstudente aan te moedig om by die program aan te sluit. Ons verwag dat nog VGD veeartse aansoek sal doen sodra hul hul eksamens afgehandel, hul vakansies geniet en met hul VGD verpligtinge begin het. Kontak asb vir Annalie by die SAVV (haar e-posadres is annalie@sava.co.za) indien jul bereid is om ‘n mentor te wees om so ons jong kollegas by te staan en ons professie te versterk vir die toekoms. Op 25 November het die SAVV en meer spesifiek die SAVV se Diere-etiek- en welsynkomittee ‘n webinaar oor die Australiese perspektief op die praktiese ervaring van die uitvoer van lewende hawe per see vir ons veeartse aangebied. Die goed-gebalanseerde webinaar was uitstekend deur Corné Engelbrecht van SAVETCON gereël en geborg deur RuVASA. Welgedaan aan die DEWK-voorsitter, Annalie Cloete en Corné vir die reël van ‘n hoogs suksesvolle byeenkoms, dankie aan Prof Gareth Bath wat die webinaar gemodereer het, en aan Alf Lategan, die RuVASA-voorsitter. Die webinaar is steeds beskikbaar by die volgende skakel: https://app.livestorm.co/svtsos/live-export. Jy moet registreer om daarna te kyk, en dit is ge-akkrediteer vir CPD punte. Die kennis wat ons so van ons Australiese kollegas, wat ruim ervaring op hierdie gebied het, opgedoen het, het baie bygedra tot ons hantering van hierdie omstrede onderwerp. Noudat die Grahamstadse Hooggeregshof toestemming gegee het dat die skeepsvrag diere die hawe van Oos Londen in September kon verlaat, is daar waarskynlik ‘n presedent vir die toekoms gestel. Die SAVV werk saam met ons DEWK, die NSPCA, LWCC, Humane Society, RuVASA en ander rolspelers omdie DLGHLO te helpmet die daarstel van riglyne om die gesondheid en welsyn van die lewende hawe tydens hierdie lang reise te verseker. Daar was onlangs twee opwindende verwikkelinge by die Raad. Geluk aan Mnr Mongezi Menye met sy aanstelling as die nuwe SAVR registrateur en aan Dr Ockert Botha met sy verkiesing as raadslid. Mnr Menye het ‘n indrukwekkende CV en werksrekord. Die SAVV BD, Gert Steyn het vroeg in Desember ‘n vrugtevolle bekendstellingsvergadering met Mongezi gehad en SAVV vise-president Paul van der Merwe, SAVV direkteur en BVF presient Dr Ziyanda Majokweni en ek het later gedurende Desember met hom en SAVR president Alfred Tlotlo Kgasi vergader.VetNuus sal ook vorentoe ‘n vraag-en-antwoord onderhoud met registrateur Menye publiseer. Ons sien daarna uit om te hoor wat sy visie vir die SAVR en die professie is. Dr Ockert Botha is welbekend as ‘n suksesvolle veearts en innoverende sakeman. Ons sien uit om te sien hoe Ockert sy energie, integriteit en innoverende denke by die Raad gaan toepas. Ons wens hul albei voorspoed toe vir hul termyne by die SAVR. Ons het verskeie versoeke ontvang dat die SAVV in gesprek moet tree met die Fakulteit oor die seleksieproses vir nuwe veeartsstudente. Gert Steyn, Paul van der Merwe en ek sal op 24 Februarie met Prof Dietmar Holm ontmoet omduidelikheid te kry oor die detail van die keuringskriteria en om te bepaal waar die SAVV ‘n bydrae kanmaak omdie proses te optimiseer vir die toekoms. Ek wens jul alles van die beste toe vir 2021. Dit sal ongetwyfeld weer ‘n uitdagende jaar wees, maar inaggenome dat ons 2020 oorleef het en hoe ons steeds presteer het ten spyte van al die teëspoed, is ek optimisties dat ons vereniging, professie en nasie sal floreer noudat dit lyk of die ekonomie gaan verbeter. Mag onse Here voortgaan om ons te seën, te beskerm en te lei terwyl ons ons geloof in Hom versterk. v Saam met julle in hierdie nuwe begin! Leon 24-Hour, Toll-Free Helpline: 0800 21 21 21

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=