VN April 2021

Vetnews | April 2021 3 Van die President Beste Kollegas Dis reeds herfs 2021 en dit lyk of die tweede vlaag van die COVID-19 pandemie nou agter ons lê. Daar is egter steeds heelwat kommer en onsekerheid, met die derde vlaagwat ons waarskynlik binnekort gaan tref sowel as die nuwe, meer virulente stamme wat nou na vore kom. Dan is daar ook die twyfel oor die doeltreffendheid en veiligheid van die entstowwe. ‘n Aspek wat veral by veeartse kommer wek is die verslag oor die nuwe coronavirusstam wat skynbaar die kardiese funksie van troeteldiere, veral honde en katte, aantas. Ons het die konsep verwysingsraamwerk vir die voorgestelde Ministerieële Veeartseny Advieskomitee (MVAK) voltooi. Ons wag nou vir terugvoer van die Hoofveearts en sal daarna die dokument aan die uitvoerende komitee van die DLGHLO vir oorweging voorlê. Die Hoofveearts, Dr Mike Modisane het bevestig dat die status van veeartse as noodsaaklike werkers nou in die staatskoerant gepubliseer is en dat die weglating van veeartse uit Fase 2 van die COVID-19 inentingsprojek per ongeluk was. Ons wag nog vir amptelike bevestiging van die regstelling van hierdie weglating vanaf die Gesamentlike Direkteur-Generaal Groep. Die SAVV het ‘n antwoord op die brief van die DLGHLO rakende die protokol vir die toets van beheerde siektes by nie-geakkrediteerde laboratoria en/of d.m.v. nie-gevalideerde toetse ingedien nadat ons ‘n regsopinie op die dokument ontvang het. Ons het ons kommer oor sommige wetlike aspekte in die regulasies rakende seksie 20 permitte aan die Direktoraat Dieregesondheid oorgedra en ook opbouende oplossings om hierdie situasie reg te stel voorgelê. Die voortdurende groot getal selfmoorde onder veeartse het gelei tot die #NotOneMoreVet veldtog op sosiale media. Ek het ook daarin geslaag om die publiek bewus te maak van die geestesgesondheid- krisis by ons professie deur by te dra tot ‘nartikel inPet PrintsMagazine, met waardevolle insette van Prof Ken Pettery en Dr Tod Collins van ons SAVV Krisisberadings inbellyn. Kommer oor die wegdoen van troeteldierkarkasse in die Wes-Kaap was ‘n ongewone probleem waarmee ons te doen gekry het. Dit het begin by lede van die publiek wat ontdek het dat troeteldierkarkasse by stortingsterreine weggegooi en nie begrawe was soos wat die dierekliniek aan die eienaars belowe het nie. Baie eienaars en veeartse is natuurlik baie ongemaklik met hierdie situasie. Toe ek regsadvies hieroor ingewin het, moes ek uitvind dat die wetgewing rakende die wegdoen van karkasse baie kompleks en verwarrend is. Daar is meer as tien nasionale wette betreffende afvalverwydering en dan is daar nog provinisale en plaaslike regulasies hieroor ook. Dis belangrik om kennis te neem dat dierlike oorblyfsels nie in stedelike en voorstedelike gebiede begrawe mag word nie, en verassing of verbranding is dus ‘n populêre keuse. Dit lykof dieprobleem indieWes-Kaapontstaanhet toedie verbrander van een van die karkasverwyderingsfirmas gebreek het, wat dit hul enigste opsie gemaak het om die karkasse by stortingsterreine weg te gooi terwyl herstelwerk gedoen is. Aanvanklik het die Nasionale Omgewingsbestuurwet (Wet 59 van 2008) onderskeid getref tussen aansteeklike en nie-aansteeklike dierekarkasse, en was eersgenoemde geklassifiseer as gevaarlike en laasgenoemde as algemene afval. Wysigings tot die Wet het die onderskeid verwyder en alle dierekarkasse word nou as gevaarlike afval geklassifiseer. Gevaarlike afval mag net by ‘n Klas A stortingsterreinmee weggedoen word, en dis gewoonlik redelik duur. Sommige kollegas het die opinie gelug dat veeartse aanspreeklik bly vir die hantering van dierlike en veeartseny-afval van ontstaan tot vernietiging/wegdoen, die “wieg- tot-graf” konsep, soos die geval is in die VSA. Dis egter nie die geval in Suid-Afrika nie. Sodra jy die afval, karkasse ingesluit, aan die verwyderingsfirma oorhandig het, word dit hul verantwoordelikheid. Met die toename in bewustheid onder die publiek en die media rakende karkasverwyderingsprosedures is dit waarskynlik aangewese dat alle veeartse met die verwyderingsfirma skakel en bevestig dat korrekte prosedures gevolg word, sodat kliënte hieroor gerusgestel kan word. ‘n Onlangse verwikkeling op hierdie terrein is dat dierekarkasse in kompos omskep word. Sommige firmas maak gebruik van oop metodes waar karkasse bloot toegemaak en dan gekomposteer word. Daar is ook nou geseëlde eenhedewat natuurlik verkiesword hiervoor, veral wanneer aansteeklike materiaal hanteer word. Die kompos kan dan gebruik word om ‘n boom ter nagedagtenis van die dier te plant. Maart was ‘n besigemaand, met die SAVV FinKo en ExCo vergaderings, sowel as ‘n suksesvolle vergadering met die Adjunk-Dekaan vir Onderrig en Leer van die Fakulteit, Prof Dietmar Holm rakende die seleksiekriteria vir BVSc studente op 3 Maart, gevolg deur ons herfs- direksievergadering op die 26ste en FedCo op die 27e.. Dietmar kon sommige vandie vrae vanons ledeopklaar terwyl ons ook insette tot die proses kon lewer. Belowende toekomstige verwikkelinge is die insluiting van geestesgesondheidskriteria en die moontlikheid om ‘n SAVV lid as waarnemer by seleksiekomiteevergaderings toe te laat. Dankie aan al ons lede, vir jul ondersteuning en waardevolle insette tot ons vereniging, professie en diere, sowel as volksgesondheid in ons geliefde land. Mag ons altyd-getroue God voortgaan om ons te seën en te beskerm en ons deur hierdie ontstuimige tye te lei. v Leon

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=