VN September 2020

Vetnews | September 2020 3 Van die President Beste Kollegas, Wanneer jul hierdie lees, is dit reeds lente en sal die COVID-19- pandemie hopelik steeds geleidelik afneem, ten spyte van die verslapping van regulasies na vlak 2. Hierdie coronavirus-krisis het unieke uitdagings op die pad van die SAVV spesifiek, maar ook die professie in sy geheel, geplaas. Gelukkig het ons ʼn baie bekwame en gemotiveerde besturende direkteur, Gert Steyn, en VetHuis-personeel, sowel as ʼn kundige en entoesiastiese direksie, groepe, komitees en takke. Hoewel COVID-19 enander belangrike sake onswerksladingdramaties verhoog het, het die onvermoeide werk van al bogenoemde mense en die goeie samewerking met die SAVR en DLGHLO (DALRRD) ons gehelp om, by wyse van spreke, “die wa deur die drif te trek”. Jul kan jul seker indink dat SAVR president Dr Alfred Kgasi, hoofveearts Dr Mike Modisane en ek geen idee gehad het van die berge wat ons sou moes versit toe ons onsself beskikbaar gestel het vir ons onderskeie posisies nie. Gelukkig het ons, danksy ons ondersteuningspanne en die leiding van ons Vader, baie bereik. Die SAVV word dikwels deur die publiek, media, dierewelsynorganisasies, die SAVR en kollegas genader om op te tree rondom spesifieke gebeure of om standpunt in te neem oor ʼn spesifieke saak. Ons word gereeld gevra om iets te hanteer wat eintlik binne die domein van die SAVR val. Ons kan dan die betrokke party na die regulatoriese liggaam verwys, maar sal tog soms inwillig om ons kommunikasiekanale te gebruik om die SAVR te nader namens die betrokke party. Wanneer dit kom by gevalle van vermeende wangedrag kan die SAVR net die aangeleentheid ondersoek wanneer klinkklare bewyse gelewer of ʼn beëdigde verklaring ingedien word. Die SAVV is onlangs deur ʼn senior kollega gevra om die situasie by die SAPD se honde-eenheid by Roodeplaat te ondersoek nadat Carte Blanche verslag gedoen het oor die parvovirusuitbreke daar gedurende die afgelope twee jaar. Hierdie is eintlik ʼn saak vir die SAPD en die SAVR, maar ons het die SAVR genader en gevra dat hul die situasie by hierdie fasiliteit nagaan. Ons het terselfdertyd die SAVV se steun en kundigheid tot ons beskikking aan die SAVR en die veeartse by Roodeplaat aangebied. Wanneer dit kom by standpunt inneem moet ons baie versigtig wees. Gedurende 2019 was die SAVV deur die SAVR gevra om kommentaar te lewer op die regering se volhoubare benuttingsdokument. Die SAVV direksie het insette van die Diere-etiek en -welsynkomitee (DEWK) aangevra. Na deeglike oorweging het ons toe besluit om nie standpunt oor hierdie emosionele saak in te neem nie, omdat die SAVV se lidmaatskap ʼn groot verskeidenheid velde en menings verteenwoordig. Onlangs, toe die diereregte-organisasie, die EMS Stigting, vanjaar ʼn petisie by die Suid-Afrikaanse regering ingedien het en gevra het vir ʼn algehele verbod op die gebruik en verbruik van wilde diere en produkte van wilde diere, het ons verplig gevoel omwel insette te lewer. Die SAVV Wildlewegroep en die DEWK het met die direksie saamgewerk om ʼn verklaring rakende die SAVV se standpunt op te stel. Ons is bekommerd oor verskeie onetiese praktyke in die wild-industrie, maar is van mening dat die etiese gebruik van wild grootliks tot biodiversiteit, bewaring, voedselsekerheid en die ekonomie van die land bygedra het. Soos genoem by ʼn onlangse DEWK “zoom” vergadering, moet ons net standpunt inneem as dit tot voordeel sal wees. Dis dikwels beter om net insette te lewer en op te voed as om ʼn verklaring uit te reik. Ons moet ook waak teen die deugseine-verskynsel, waar daar net standpunt ingeneem word om almal te beïndruk omdat ons die regte dinge se! As ons ons nekke uitsteek oor iets, kan ons maklik ʼn teiken word vir aanvalle deur groepe wat nie met ons saamstem nie. Nog ʼn saak waaroor ons onlangs besluit het om standpunt in te neem was die lang-afstand vervoer van lewende hawe per skip, om dan in die land van bestemming, hoofsaaklik die Midde-Ooste, geslag te word. Die SAVV ondersteun volhoubare en winsgewende veeboerdery, maar dit moet altyd in ooreenstemming met dierewelsynsbeginsels plaasvind. Ek het insette gevra van die DEWK, Prof Gareth Bath in sy hoedanigheid as voorsitter van die LHWKK (LWCC), RuVASA, die Oos- KaapenKarootakvandieSAVVendieNSPCA.Onshetookʼnwaardevolle “zoom” vergadering met die Australiese en Nieu-Seelandse veterinêre verenigings gehou sodat ons kon voordeel trek uit hul ondervinding rakende hierdie omstrede saak. Ons is van mening dat hierdie diere by uitvoerslagpale, volgens Halaal geloofsbeginsels en die tradisionele gebruike van die land van herkoms geslag moet word, waarna die verkoelde vleis dan verskeep kan word na die bestemming. Die ekonomiese voordeel van lewende uitvoer regverdig net nie die gesondheids- en welsynsrisikos waaraan die diere gedurende die lang reis blootsgestel word nie. Ons sien uit na die uitspraak van die Grahamstad Hooggeregshof in hierdie saak. Indien die howe en die regering hierdie verskeping toelaat, is dit noodsaaklik dat dit streng volgens internasionale norme en standaarde, aangepas by die Suid-Afrikaanse situasie, hanteer word. Die SAVV sal aanbied om insette en riglyne hiervoor te lewer. Jul kan verseker wees dat die SAVV leierskap nooit enige besluit ligtelik neem nie. Ons raadpleeg altyd die span kundiges wat tot ons beskikking is, en neem die belange van die Vereniging, professie, ons land, sy mense en diere altyd in ag. Ek bid daagliks tot ons Hemelse Vader vir wysheid en leiding om ons deur hierdie uitdagende tye te help, en dank hom vir die wonderlike mense wat my ondersteun. Die uwe in vrede, vreugde en liefde. v Leon

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=