VN September 2020
Vetnuus | September 2020 24 Kobus, soos almal hom geken het, is in Pretoria gebore. Sy laerskooldae het hy op Laerskool Danie Malan, waar sy pa skoolhoof was, deurgebring en daarna matrikuleer hy op Brits Landbou. Na matriek was hy in die Leërgimnasium en verwerf die BVSc graad in 1970. Tydens sy studies, op 1 Desember 1967, trou hy met Charlotte Sonnekus van Pretoria en na 52 getroude jare was Kobus en Charlotte geseën met drie kinders, Heleen, Kobus en Gerhard, ses kleinkinders en een agterkleinkind. ‘n Tweede agterkleinkind word in September verwag. Na kwalifisering werk hy vir ‘n kort tydperk as assistent en in 1971 begin hy sy eie praktyk in Eldoraigne, in die destydse Verwoerdburg HULDEBLYK: Jacobus Oosthuizen 11 Julie 1942 – 28 Julie 2020 Dr Kobus Oosthuizen: 11 July 1942 – 28 Julie 2020 Dr Jim Robinson: 11 July 1933 – 04 August 2020 (a few days after his wife, Pat) Dr Rolf Nischk: 30 January 1957 – August 2020 We honour their contributions to our profession. Our condolences to the families – may they find their strength in our Lord during these times of bereavement. (nou Centurion) waar hy tot November 2019, steeds met Charlotte aan sy sy, meeste van die tyd‘n eenman-praktyk bedryf het. Sy praktyk was die sewende praktyk in die Pretoria omgewing en toe my praktyk ‘n paar maande later as die agtste praktyk in Pretoria open was hy ‘n vir my ‘n steunpilaar in die vroeë praktykdae en het my dikwels moed ingepraat as die pasiënte maar min was. Een van sy stories, wat hy graag met‘n knipoog vertel het, was hoe hy sy eerste sterilisasie afspraak in die nuwe praktyk verloor het.‘n Nuwe kliënt het gebel en wou‘n hond laat steriliseer. Hy wil toe nie te gretig klink nie en sê toe dat hy net eers in sy afspraakboek moet kyk. Die gevolg was“toemaar dok, los maar, ek is eintlik bietjie haastig”. Kobus het die gemengde kleindierpraktyk geniet maar chirurgie was sy passie. Hy was lid van die SAVV en betrokke by die DBV. Buite praktyk was hy aktief in sy gemeenskap en het onder andere ‘n werker ondersteun met universiteitsopleiding. As stokperdjie het hy graag met yster gewerk en ook diepsee hengel beoefen. Op universiteit het hy rugby gespeel en was bekend vir sy akkurate skopwerk pale toe. Sy gunstelingsport was egter golf en hy was veertig jaar lid van die Zwartkops Golfklub. Hierdie klub, waar hy ook ‘n lewenslange erelid was, se vlag het op die dag van sy begrafnis halfstok gehang. As gebore Pretorianer was hy ‘n groot Blou Bul ondersteuner en sy gunsteling musiekkunstenaars was Elvis Presley en Frank Sinatra alhoewel hy klassieke musiek en ligte jazz ook baie geniet het. Ek haal graag een van sy kinders se opmerking aan “hy het my ma soos goud opgepas en was ‘n dinamiese man met ‘n sagte hart”. As vriend en kollega kan ek dit nie beter opsom nie. Ons sal hommis. v Peet Delport (namens die klas van 69)
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=