VN October 2020

Vetnews | October 2020 3 Van die President Beste Kollegas, Ons nasionale President het uiteindelik aangekondig dat ons afgaannavlak1vandieCOVID-19grendelperiode, enhopelik sal ons land na ‘n toestand nader aan normaal terugkeer, alhoewel, soos voorheen genoem, dit onwaarskynlik is dat ons wêreld sal terugkeer na hoe dit voor die coronavirus- pandemie was, en ons waarskynlik gewoond sal moet raak aan “Die Nuwe Normaal”. COVID-19 het die manier hoe ons leef, werk, leer, vergader en reis verander. Die SAVV het heelwat bespaar op reiskostes, en tegnologie het dit moontlik gemaak dat ons steeds suksesvol kon vergader. Zoom was ‘n openbaring vir ons almal! Maar, ten opsigte van interaksie en deelname kan niks ‘n vergadering vervang waar ons mekaar in die oë kan kyk nie, veral met groter byeenkomste soos die SAVV se Federale Raadsvergadering. Ons het daarom besluit dat Oktober se direksie-, AJV en FedCo byeenkomste in gemengde formaat aangebied sal word. Die wat fisies die vergadering by VetHuis wil bywoon, sal dit kan doen, en die wat dit liewer virtueel wil meemaak sal dit ook kan doen, omdat die Raadsaal vir sulke gemengde vergaderings voorberei is. Dit sal wonderlik wees ommekaar weer in die oë te kan kyk! In Efesiërs hoofstuk 4, vers 11-13 en 1 Korintiërs hoofstuk 12, vers 13-28, skryf die Apostel Paulus dat elke lid van die Liggaam van Christus as die Kerk, verskillende funksies en gawes het. Wanneer elke lid sy rol speel as deel van die groter liggaam, kan die kerk groei en floreer. Dis slegs wanneer almal saamwerk dat die volle potensiaal bereik kan word. Ek glo dat hierdie filosofie ook geld vir die samelewing in die algemeen en die veeartsprofessie in besonder. Daar was onlangs verskeie geleenthede waar, deur samewerking van verskillende sektore van die veeartsprosessie, ons baie kon vermag. Tydens die vroeë fase van die COVID-19-pandemie het die SAVV indringend met die DLGHLO (DALRRD) en die SAVR saamgewerk omriglyne in ooreenstemmingmet die regering se grendelperiode riglyne daar te stel. Die president van die SAVR, Dr Alfred Kgasi en ek was gereeld in kontak met die dekaan van die Fakulteit Veearstenykunde, Prof Vinny Naidoo en ander leiers by Onderstepoort om by te dra tot die funksionering van die OVAH en die terugkeer van studente na die grendelperiode. Die gesamentlike SAVV/ SAVR mentorskapprogram, waardeur VGD (CCS) veeartse in diens van die Departement bygestaan word, is nog ‘n uitstekende voorbeeld van goeie samewerking. Soos al voorheen genoem, beplan ons om, wanneer HWSETA fondse toeneem, die programbeide terugwaarts nadie laaste paar studentejare, en voorwaarts, om meer jong kollegas gedurende die eerste paar jaar in praktyk in te sluit, uit te brei. Dis ook belangrike nuus dat ek ‘n sielkundige wat terapeute oplei gewerf het om ons te help om die mentors op te lei in berading. Hy was ook betrokke by die Rhodes Universiteit se Krisislyn, en SAVV se FinKo het ‘n begroting goedgekeur sodat hy ons kollegas wat by die SAVV se Krisislyn betrokke is, verder kan oplei. Gedurende September was daar ook ‘n uiters suksesvolle hondsdolheidinentings- en opleidingsveldtog. Die SAVR en die DLGHLO (DALRRD) het met die SAVV, BVF, VNASA en farmaseutiese firmas saamgewerk aan die #RabiesEndsNow veldtog. Ons moet weereens SAVV direkteur Dr David Gerber en Dale Parrish van V-Tech bedank vir die hulp, via Katya van Mala Media, met die SAVV se mediadekking. Katya het radio-onderhoude gereël en persverklarings uitgereik om so die #RabiesEndsNow boodskap na die publiek uit te dra. Ons sien uit na verdere suksesvolle samewerking binne ons professie en die dieregesondheids-industrie. SAVV direkteur, BVF president en NDGF (NAHF) voorsitter Dr Ziyanda Majokweni is tans in gesprek met SAVV groepe en takke om meer veeartseny-insette rakende tegniese aspekte by die Dieregesondheidsforum te bewerk. Zitanda, SAVV BD Gert Steyn, die BVF en ek werk ook deurlopend daaraan om die professie te verenig. Groete in eenheid, harmonie en liefde. v Leon

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=