VN November 2020

Vetnews | November 2020 3 Van die President Beste Kollegas, Ons land en ons professie is regtig besig om weer behoorlik aan die gang te kom noudat die beperkinge a.g.v. die COVID-19 pandemie verslap is. Ons vermoë om uit te hou en op te staan is ʼn getuienis van ons veerkrag en ons geloof. Die besluit om die Oktober direksie-, algemene jaar- en federale raadsvergaderings in gemengde formaat te hou het goed uitgewerk, alhoewel daar aanvanklik ʼn paar klein tegniese haakplekke was. Die virtuele platformhet veral probleme veroorsaak rondomopgedateerde sagteware vir die wat met Apple toestelle ingeskakel het. Die wat die vergaderings by VetHuis wou bywoon, kon dit doen, terwyl die wat virtueel die vergadering wou meemaak dit ook kon doen omdat ons die raadsaal vir gemengde vergaderings voorberei het. Dit was goed om mekaar na bykans sewe maande weer in persoon te sien! Die vergaderings het almal goed verloop met interaksie en deelname van die wat by VetHuis was en die wat aanlyn ingeskakel het. Een van die sake wat bespreek was, was die SAVV/SAVR gesamentlike mentorprogram waardeur VGD veeartse wat deur die departement in diens geneem word, bygestaan word. Soos al voorheen genoem, het die sukses van die loodsprogram verseker dat die HW SETA addisionele fondse vir die volgende twee jaar toegestaan het. Dit beteken dat ons volgende jaar en die jaar daarna al die VGD veeartse sal kan mentor. In die toekoms, as fondse aanhou groei, sal ons die program ook wil uitbrei na studente in die laaste paar studiejare, en ook na veeartse in die eerste paar jaar in praktyk. Alhoewel die mentorprogram uiters suksesvol was, het van die VGD veeartse groot uitdagings ervaar. Die wat ons VGD bestuurder, Annalie McCallum nie kon oplos nie sal deur SAVV besturende direkteur Gert Steyn, vise-president Paul van der Merwe en ek tydens ʼn vergaderinge met senior bestuurders van DLGHLO (DALRRD) in November bespreek word. Na die sukses van die #RabiesEndsNow veldtog aan die einde van September word ondersoek nou deur SAVV ingestel na die moontlikheid van verdere samewerking met die SAVR en DLGHLO om hondsdolheid te beheer. Die Direkteur van Dieregesondheid, Dr Mpho Maja, was beïndruk met ons geesdrif en deelname en het versoek dat die SAVV kundiges nomineer om op die Hondsdolheid-Adviesgroep te dien. Mpho het ook genoem dat ons ons samewerking moet uitbrei na ander problematiese beheerde siektes, soos brusellose. Dis hier waar die werk van die vorige voorsitter van die NDGF, Dr Ziyanda Majokweni se pogings ommeer spesialis insette van die SAVV en sy groepe en take te verkry ʼn belangrike rol kan speel. Verteenwoordigers van die SAVV sal die Fakulteits-Adviesraad vergadering op 12 November bywoon. Die SAVV is ook genooi na ʼn rolspelerwerkswinkel oor die gereedheid van nuwe veeartsenykunde en veeartsverpleging graduandi om die werksveld te betree, op dieselfde dag. Stuur asseblief jul kommentaar oor die “dag-1-vaardighede” aan die SAVV sodat ons terugvoer aan die dekaan en ander fakulteitslede kan gee, wat hul in staat sal stel om die opleiding van ons toekomstige veeartse en verpleegsters verder te verbeter. Die toekenvandieWêreldveeartsvereniging seDierewelsyn-toekenning aan Prof Gareth Bath is nog ʼn rede om fees te vier. Prof Bath sou die toekenning in April, tydens die WVV se kongres in Auckland ontvang het, maar ons weet almal wat met die kongres gebeur het. Op 15 Oktober is die toekenning deur die WVV se verteenwoordiger vir Afrika, Clive Marwick by VetHuis aan Prof Bath oorhandig. Welgedaan, Gareth, ons is regtig trots op jou! Baie van ons kyk na 2020 en sien dit as ʼn jaar wat ons moet vergeet. Ek dink ons moet fokus op dit wat ons bereik het tydens die COVID-19 grendelperiode en die samewerking wat daarvoor gesorg het dat veeartse kom aanhou werk, terwyl hulle, hul personeel en kliënte beskerm is, vier. Baie industrieë wat langer moes gesluit bly begin nou herstel en sommige doen baie goed. Ons jeugpastoor het voor Oktober al gesê dat ons nie die hele 2020 moet afskryf nie, maar dat ons na die laaste kwartaal moet kyk as ʼn geleentheid om iets te bereik. Mag ons die jaar eindig met ʼn positiewe gesindheid terwyl ons aanhou om die mense en diere van ons Vader se skepping te dien. v Leon Ken Pettey: 082 882 7356, ken.pettey@up.ac.za Tod Collins: 083 350 1662, collins@nudvet.co.za Aileen Pypers: 072 599 8737, aileen.vet@gmail.com Willem Schultheiss: 082 323 7019, willem.schultheiss@ceva.com Nico Schutte: 023 626 3516, doknico@tiscali.co.za Ian Alleman: 072 558 4883, accommodation@nieu-bethesda.com Ellené Kleyn: 082 881 8661, elly1@mweb.co.za Mike Lowry: 084 581 2624, mikelowry@sai.co.za The following SAVA members are available on the SAVA stress management hotline. The SAVA Stress Management Hotline 24-Hour, Toll-Free Helpline: 0800 21 21 21

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=