VN May 2020
Vetnews | May 2020 3 Van die President Groetnis, Kollegas Terwyl ek hierdie skryf, staan ons aan die begin van die verlengde fase van die COVID-19inkerkering;julsalditleeswanneerdieinkerkeringeffensverligisnavlak 4 toe. Hierdie Coronavirus-pandemie is ʼn groot en unieke uitdaging vir die hele wêreld; ek glo dat ons baie trots kan wees op hoe die Suid-Afrikaanse regering, insluitend die Departement van Landbou, Grondhervorming en Plattelandse Ontwikkeling (DALRRD), die SAVV, SAVR en die professie dit aangepak het. Ons Nasionale President het homself omring met uitstekende raadgewers en het uitstaande leierskap en staatsmanskap gedurende hierdie ongekende krisis gewys. Die aankondiging van die COVID-19 inkerkering het ʼn storm ontketen met die direktief dat slegs noodsaaklike dienste wat deur die regering goedgekeur is, gedurende hierdie periode sou kon voortgaan. Omdat menselewens natuurlik die prioriteit is, is dit verstaanbaar dat, in die aanvanklike aankondiging slegs veeartsdienste wat met voedselproduksie geassosieer is, as noodsaaklike gesien was. DrMikeModisane,HoofveeartsvandieDALRRD,hetsoosʼnTrojaangewerkenbaie maratonvergaderings bygewoon omdie minister voor te lig sodat veeartsdienste uiteindelik as noodsaaklik gelyswas indieDALRRDgebeurlikheidsregulasies. Die SAVV direksie het toe in snelgang gegaan om riglyne op te stel oor wat noodsaaklike veeartsdienste is, wat gedoen moes word en wat elektief was en daarom uitgestel kon word tot na die inkerkering. Ek het deurlopend met Dr Modisane geskakel om seker te maak die SAVV riglyne in ooreenstemming was met staatsregulasies, en om ʼn paar haakplekke uit te sorteer toe provinsiale owerhede die inkerkeringsregulasies verkeerd vertolk het. Die regering se benadering was om die veeartsprofessie te vertrou om diskresie aan die dag te lê om dienste te meet aan “as dit kan wag, stel dit uit” – en as dit noodsaaklike of nodig was, om dit dan met die toepaslike persoonlike beskermende uitrusting en sosiale afstand te hanteer. ʼnGroot dankie aan die SAVV se besturende direkteur, Gert Steyn, wat diepgaande navorsing gedoen het om die SAVV riglyne oor noodsaaklike veeartsdienste en hoe praktyke gedurende die inkerkering moet funksioneer, op te stel. Ek is ook dankbaar teenoor die SAVV direksie en Dr Ziyanda Majokweni wat beduidende bydraes gelewer het met die opstel van die riglyne en helpmet diemonitering van verwikkelinge gedurende die COVID-19 pandemie. Ons het ook insette van die SAVV groepe gevra om bedryfsriglyne op te stel wat spesifiek op hul spesialisvelde betrekking het. Toe die riglyne voltooi was, het ons dit via VetFlash na ons lede versprei en dit ook aan die SAVR beskikbaar gestel om hul te helpmet hul dokument wat naal die geregistreerde veeartse versprei is. Ons het ook template vir permitte, die regering se gebeurlikheidsdokumente en die COVID-19 finansiële hulpgeleenthede versprei. NogʼnSAVVinisiatief,metdiehulpvanonsregsadviseur,DrTrudiePrinsloovanden Heever, was die opstel van ʼn protokol vir die gebruik van digitale handtekeninge op sertifikate, waarna ons met die DALRRD geskakel het om staatsveeartse by te staanmet die implementering vanhierdie proses. Die volgende stapwas die daarstel van die SAVV COVID-19 hulplyn, om lede by te staanmet die interpretasie van inkerkeringsregulasies en riglyne en om te help as hul probleme met die owerhede opgetel het. Dankie aan die SAVV direkteure en groepsbeampteswat die onderskeie kategorieë vandie hulplynbeman. ʼn Opwindende verwikkeling is V-Tech se grootmoedige projek waardeur hul die SAVV bystaan met openbare skakeling en bemarking. Dale Parrish, V-Tech se bemarkingsbestuurder,hetMalaMediagekontrakteeromdieSAVVtebevorderen blootstelling in verskeiemedia te gee. Nie net verbeter dit die openbare profiel van dieSAVVendieveeartsprofessienie,maarditskepverskeieplatformswaardeurdie publiekingeligkanwordoorveeartsdienstegedurendedieCoronavirus-pandemie, enommites oor COVID-19 endiere teweerlê. DankieaanSAVV-direkteurDrDavid Gerber, Dale, die ander V-Techdirekteure enMalaMedia vir hierdie geleentheid. Met die aanbreek van COVID-19 vlak 4 inkerkering op 1 Mei, moet ons die benadering tot veeartsdienste herevalueer. Prosedures wat vyf weke gelede elektief was kannounodig of selfs noodsaaklikwees. Dit is moontlik dat ons ʼn meer volledige portefeulje van veeartsdienste sal kan lewer, steeds met die gebruik van toepaslike persoonlike beskermende uitrusting enhandhawing van sosiale afstand. Die veeartsprofessie kan trots wees op hoe ons onsself gedurende die inkerkering gedrahetenditisnoodsaaklikdatonsvoortgaanommetverantwoordelikheidop te tree omdie verspreiding vanCOVID-19 te vertraag. Veeartse moet die bedryfsvoordele opweeg van ʼn vol stafkomplement by die praktyk, met die risiko dat almal blootgestel word indien een personeellid positief toets;disdalkbeteromsteedsinspannetewerksodatneteengroepgeïsoleerhoef te word indien iemand positief toets. Kontak asseblief die SAVV met enige navrae of kommer. Die SAVVwas ook in kontakmet die Fakulteit Veeartsenykunde by Onderstepoort omsteunvirdieakademieseprogramendiehospitaaltegee.Hoewelonskonhelp dat dieOVAHkon oopbly gedurende die inkerkering, is daar ʼn dramatiese afname ingevalle. Daar is ook groot uitdagings met studente-opleiding en praktiese blootstelling (geen studente mag tans by die Fakulteit wees nie), en die Dekaan van die Fakulteit, Prof Vinny Naidoo, het nou spesifiek gevra dat die SAVV en sy lede moet helpmet die fasilitering van praktiese blootstelling van die veeartsstudente. Hul is die veeartse vandie toekoms, so help asseblief sodat hul nie te ver agter raak nie. DieCOVID-19pandemieisʼnglobalegesondheids-enekonomieseramp,maarhet ook die mensdom die geleentheid gegee om voorraadopname te doen van hoe ons leef, te kyk na wat ons as vanselfsprekend beskou, weer te kyk na wat regtig belangrik is enook te reflekteer op ons geloof. Ons is ʼn tawwe spesie, veral in Afrika, en hoewel ons lewens waarskynlik vir ʼn tyd lank drasties anders sal wees, sal ons oorleef enhopelik sterker anderkant uitkom. Weereens dankie aan die besturende direkteur, Gert Steyn en die Vethuis-span vir hul toewyding om steeds effektief van die huis af te werk gedurende inkerkering, die direksie vir hul uitstekende ondersteuning, SAVR president Dr Alfred Kgasi en die SAVR se bestuur vir hul samewerking enDrMikeModisane vir sy toewyding en leiding gedurende hierdie krisis. Ek glo dat al die veeartse hul gades en families wil bedank vir die ekstra take wat hul gedurende inkerkering moet uitvoer; ek weet dat ek baie dankbaar is vir al Annamie sewerk, liefde en ondersteuning. Mag ons Here God voortgaan om jul te seën en te bewaar terwyl Hy sy hand oor ons geliefde land, symense endiere hou. Groete in solidariteit en veiligheid v Groete, Leon de Bruyn
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=