VN May 2020

Oor baie jare is feite by jou ingeprent Jy moes leer hoe om kennis aan te wend As student moes jy dit leer In jou beroep keer op keer Die waarneming van iets abnormaal is die sneller Dikwels aan jou oorgedra deur ‘n verteller Dan moet jy probeer om die beginpunt op te spoor Onvolledige vertelling kan jou vroeg reeds die spoor laat verloor Deur vrae te stel Moet jy dan die beginpunt probeer vind Die regte vrae kan die oorsaak op laat wel Verduidelik mooi, soos aan ‘n kind Soos ‘n speurder, moet jy waarnemings maak Alles doen en vra, wat kan help met jou taak Jy moet ook goed waarneem die dier se omstandighede Dan vind jy miskien vir sy krankheid ‘n rede Vind uit watter voorkomende maatreëls is daar geneem Wat het gebeur wat dit van gesondheid kon vervreem Jy moet luister, sien en ruik Al jou sintuie moet jy gebruik Soms moet jy selfs proe en smaak Jou te help die regte diagnose te kan maak Met jare saam ontwikkel jy ‘n sesde sintuig Wanneer niks wil inpas, laat dit jou soms juig In jou geheue moet jy ‘n oorsaak vir afwykings probeer te kry Met moontlikhede in jou gedagtes oor stry Stelsel na stelsel in jou gedagtes deurwerk Soek na simptome wat jou gedagtes kan versterk Ooglopende letsels kan jou op ‘n dwaalspoor bring Soek na ander wat daarmee saam – of teen kan sing Gebruik die hulpmiddels wat jy by jou het Laat dit jou gedagtes in die regte rigting set Monsters word geneem as dit jou van hulp kan wees Intelligent kan jy raai, maar bly maar heel bedees Eerstens moet jy dus besluit Wat is nie normaal Hiervan gebruik jy elke duit Die oorsaak te bepaal PAD NA DIAGNOSE Hampie van Staden

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=