VN June 2020

Vetnuus | Junie 2020 4 gemaakwaarop ons die publiek kon inlig oor veeartsdienste gedurende die Corona virus pandemie. Dit het ons ook in staat gestel ommites oor Covid-19 en diere die nek in te slaan. Lede van die publiek het Katja by MalaMediagenader vir SAVV en veeartsinlgting. Dankieweer aan SAVV direkteur Dr David Gerber, Dale Parrish, die ander V-Tech direkteure en MalaMedia vir hierdie geleentheid. Noudat ons hopelik meestal oorslaan na Covid-19 vlak 3 vanaf 1 Junie, moet ons herbesin oor hoe ons die veeartsprofessie en ons lewens vorentoe gaan benader. Ons met terugbeweeg na ʼn meer omvattende portefeulje van veeartsdienste maar ook verseker dat ons steeds beskermende toerusting dra en voldoende sosiale afstand behou. Die veeartsprofessie kan trots wees op hoe ons onsself gedra het tydens die inkerkering en dit is krities dat ons sal aanhou omverantwoordelik op te tree omdie verspreiding vanhierdie Coronavirus in ons land te beperk. Ekhetonlangsasgasheervanʼnwebinaaropgetree,gereëldeurCornéen Claudia van SAVETCON, met die presidente van die Noord-Amerikaanse Veeartsgemeenskap en die Britse Veeartsvereniging as gaste. Dit was interessant om te hoor hoe Covid-19 veeartspraktyke in hierdie lande geraak het en hoe hul die krisis aangepak het. Die Amerikaners het “randsteen-konsultasies”, of om slegs die troeteldier of hoogstens een eienaar met die pasiënt binne die praktyk toe te laat, vervolmaak en dit lyk nie of hul ekonomies erg aangetas is nie. Die Britte het egter ʼn terugslagbeleef enmet hul hoë bevolkingsdigtheid (enbaieCorona-positiewegevalle), verwagdat hul salmoet aanhouom personeel by praktyke in spanne te laat werk. In Suid-Afrika oorweeg meeste praktyke waarskynlik om al die personeel te laat terugkom werk toe om so die gevallelading te kan hanteer. Ons was aanvanklik bekommerd oor die risiko dat die praktyk sal moet toemaak as een personeellid positief toets, maar dit lyk nie of dit sal nodig wees as jou praktykprotokol, personeel se beskermende toerusting, handhawing van sosiale afstand, gesondheidsrekords enopvolgbaarheidalles inplek is nie. Kontak asseblief die SAVas jy navrae het of bekommerd is. Die SAVV het ook ʼn opname oor die impak van Covid-19 op veeartspraktyke na sy lede versprei en het die SAVR versoek om dit na alle geregistreerde veeartse aan te stuur. Ons versoek dat so veel as moontlik praktyke die opname sal voltooi sodat ons akkurate inligting oor die impak van die krisis op ons professie, en ons reaksie daarop, kan bymekaarmaak. Ons sal dan kan bepaal hoe ons ons ondersteuning kan voortsit en verbeter. Die SAVV is ook steeds in gesprek met die Fakulteit Veeartsenykunde by Onderstepoort om ondersteuning vir die akademiese program en hospitaal te bied. Hoewel ons insette kon lewer om die OVAH oop te hou gedurende inkerkering, is die aantal gevalle drasties minder. Die hospitaalpersoneel trek swaar om die gevallelading te hanteer sonder die hulp vandie finalejaarstudente. Daar is ook groot uitdagings rakende student-opleiding en blootstelling aan praktiese werk en die Dekaan van die Fakulteit, Prof Vinny Naidoo, het die SAVV en sy lede spesifiek versoek omte helpmet hierdie praktiese blootstelling vandie studente. Die SAVV en SAVR ondersteun die Dekaan in sy poging om die finale- jaarssogoumoontliktelaatterugkeernadieFakulteit,omsoʼnwurgplek in die akademiese en praktiese program te voorkom. Dit lyk tans of die sesde-jaars nog drie maande se prakties agter sal wees wanneer die vyfde-jaars met hul kliniese opleiding in Augustus 2020 moet begin. Dit magdusnodigweesdatsesde-jaarsʼndrie-maande-langeinternskapby privaatpraktyke sal moet voltooi. Hierdie kanʼnwen-wen-situasie vir die studente, praktyke endie fakulteit wees, want die studente behoort van groot hulp te kanwees gedurende hierdie periode terwyl hul kans gegee word om te sien hoe ʼn praktyk regtig funksioneer. Hulle is ons toekomstige kollegas, so help asseblief om te voorkom dat hul te ver agter raak. Die SAVV kyk daarna hoe lede wat studente vir hierdie verlengde praktiese sessies inneem, beloon kan word. Dis opwindend om te verneem dat die Gesondheid en Welsyn SOOO moontlik meer fondse vir die gekombineerde SAVV/SAVR mentorskap- program beskikbaar gaan stel, sodat ons al die 2021 VGD veeartse sal kanmentor. Hierdie Covid-19 pandemie het ʼn impak op hoe ons veeartseny praktiseer, lewe, oefen, studeer en aanbid. Dit gaan waarskynlik nog lank ʼn invloed op al hierdie terreine hê, veral ook op hoe ons reis en bymekaarkom vir vergaderings en konferensies. Aan die positiewe kant het dit ons gedwing om tegnologie soos Zoom-vergaderings en webinaars, ommaar enkele te noem, te benut. DieSAVVfunksioneersteedsdoeltreffenddeurmiddelvandieinterneten SAVETCONhet verlore konferensiesmetwebinaars vervang. Ons sal baie kan spaar op reiskostes omverlore inkomsteaan te vul,maar sien toguit daarna omweer saammet almal te kan kuier! Dankie, soos altyd, aan die SAVV besturende direkteur, Gert Steyn vir sy onvermoeide werk, aan die Vethuis-span vir hul toewyding en aan die direksie vir hul insette en steun. ʼn Spesiale word van dank aan Dr Manfred Rohwer, wat uittree as direkteur en oorgee aan Dr Terry Casey, vorige president van SAEVA. Manfred, jou insig, toewyding en vernuf sal werklik gemis word, en jou poging om die bande tussen die SAVV en SAEVA te versterk sal altyd op prys gestel word. Ons is dankbaar dat jy aanbly as direkteur van SAVETCON. Ekwil ookmykollegasbydieKowieVeeartskliniekbedankvir hul geduld, want die Vereniging neem baie van my tyd en aandag op, en natuurlik ook dank aan my vrou Annamie vir haar liefde, ondersteuning en opoffering. Mag die Here God voortgaan om ons te seën, te lei en ons veilig te hou terwyl Hywaghou oor ons geliefde land, sy gelowigemense en sy diere. Die uwe in solidariteit en veiligheid v Leon From the President

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=