VN July 2020
Vetnews | July 2020 3 Van die President Beste Kollegas, Kan jul glodat onsal halfpaddeurdie jaar 2020 is, naeenvandie vreemdste herfs-seisoene inmenseheugenis, danksy COVID-19. Ons moes nou die tweeling-eeufeeste van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging en die Fakulteit Veeartsenykunde by Onderstepoort gevier het. Hoewel ons hierdie mylpale steeds individueel en virtueel kan vier, verdwyn dit in die niet teenoor die samekoms van kollegas en samesynwat ons beplan enna uitgesienhet. Ons kan met trots terugkyk na ʼn eeu van uitstaande prestasies en vordering vandie Fakulteit, die Vereniging endie professie. Dis ook interessant hoe sommige basiese beginsels konstant voorkom, terwyl daar groot spronge met tegnologiese vooruitgang gemaak is. Informasietegnologie het werklik gehelpmetkommunikasieenonderrigtydenshierdiepandemie. GedurendeJuniehetons Jeugdaggevier, enteruggedinkaandie strydwatstudentegevoerhetom‘nonregverdigeonderrigstelsel te verander. Hierdie COVID-19 pandemie, met sluiting van skole en universiteite, het weereens die ongelykhede in onderrig uitgelig. Met die dat alle lesings/klasse virtueel aangebied word, het leerders wat nie toegang tot skootrekenaars, tablette, WiFi en data gehadhet nie, ʼngroot agterstand beleef. Gelukkig het die universiteit daarin geslaag om skootrekenaars en data vir meeste van die studente wat nie gelukkig genoeg was omhul eie te hê nie, bekom. Ons is ookdankbaar dat dieMinister vanHoërOnderwys besluit het om ons finale-jaar studente toe te laat om terug te keer na Onderstepoort. Met die dat hul ʼn lang tyd weg was, lyk dit of van die studente steeds ʼnagterstand sal hêmet hul praktiese verpligtinge. Die dekaan, Prof Vinny Naidoo, het bevestig dat dit steeds nodig mag wees vir sommige sesdejaars om ʼn langer internskap – langer as die gewone elektiewe – by privaatpraktyke te voltooi. Ditkanʼnwen-wensituasieweesvirdiestudente,veeartspraktyke endie fakulteit, want diebykans-gegradueede studentebehoort ʼn goeie bydrae te kan lewer terwyl hul die kans gegun word om te sien hoe praktyke funksioneer gedurende hierdie verlengde praktiese blootstelling. Hul is die veeartse van die toekoms, so help hul asseblief omnie te ver agter te raak nie. Die SAVV ondersoek maniere hoe ons ledewat studente vir langer sessies inneem, kanbeloon. Hierdie sesdejaars is volgende jaar se VGD (CCS) veeartse, en ons hoop om hul dan verder te ondersteun deur die SAVR-SAVV mentorskapprogram wat ekstra befondsing vir die volgende twee jaar gekry het. Ditwas vir ons as SAVVDireksiehartseer omafskeid teneemvan ons vorige president, Dr CharlotteNkuna, wat aan die einde van Junie die eindpunt vanhaar termynbereik het. Charlotte het op kort kennisgewing in die posisie van volgende president vandie SAVVbeland, maar het dit uitstekendhanteer. HaarleidingvandieVerenigingenhaarwysheidwasinspirerend. Sy het vergaderings wat somtyds maar uitdagend geraak het, met gemak gelei, en ekwas bevoorreg omhaar te kon volg. Met Charlotte se uittrede verwelkomons Dr ZiyandaMajokweni as direkteur. Ziyanda is President vandie BlackVeterinary Forum (BVF) en voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum (NAHF). Ziyanda het reeds ʼn groot bydrae tot die funksionering van die SAVV direksie gemaak, want sy neem al sedert Maart deel aan ons gesprekke. Ons hoop dat Ziyanda ʼn lang en vrugtevolle tydperk op die direksie sal hê, terwyl ons daarna streef om die professie verder saamte trek en te transformeer. Mag die Here God voortgaan omons te seën, te lei en ons veilig te hou terwyl Hy waghou oor ons geliefde land, sy gelowige mense en sy diere. Die uwe in die herdenking van ons geskiedenis en in hoop vir ons toekoms v Leon
Made with FlippingBook
RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=