VN December 2020

Vetnews | December 2020 3 Van die President Beste Kollegas, Kan jul dit glo? Dis al Desember, en dit in een van die vreemdste jare in die geskiedenis! Dis tyd om voorraadopname te doen en te besin oor wat ons gedurende 2020 bereik het, en om te bepaal waarop ons ons werksaamhede gedurende 2021 moet toespits. Die samewerking met die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD) en die SAVR in reaksie op die COVID-19 pandemie en die dreigende grendelperiode was ‘n top-suksesstorie gedurende die eerste kwartaal van die jaar. Die werk van die SAVV direksie en groepe, sowel as VetHuis bestuur en personeel met die opstel van die COVID-19 riglyne vir veeartsenypraktyke, die daarstel van die SAVV COVID-19 inbellyn en die ondersteuning gelewer aan die professie gedurende die pandemie is iets waarop ons werklik trots kan wees. Die suksesvolle #RabiesEndsNow vedltog aan die einde van September was nog ‘n voorbeeld van die SAVV se samewerking met die SAVR en DALRRD. Die Direkteur Dieregesondheid, Dr Mpho Maja, was beïndruk met ons deelname en entoesiasme en het versoek dat die SAVV kundige lede nomineer om op die Hondsdolheidadviesgroep te dien. Mpho het ook gevra dat ons ons samewerking tot die bestryding van ander beheerde siektes waarmee probleme ondervind word, soos brucellose, sal uitbrei. Dit kan van groot belang wees, omdat die minister sopas ‘n uitbreek van besmetlike misgeboorte in KZN verklaar het. Ons SAVV setel op die Nasionale Dieregesondheidsforum (NAHF) plaas ons in ‘n ideale posisie om met ander rolspelers saam te werk. Dit is ook hier waar die vorige NAHF voorsitter, Dr Ziyanda Majokweni, en die nuwe voorsitter, Dr Chris van Dyk se pogings om groter veeartseny-spesialis insette van die SAVV, sy groepe en takke te bekom, ‘n kritiese rol kan speel. Die SAVV/SAVR gekombineerde mentorskapprogram waardeur VGD (CCS) veeartse in diens van die Departement ondersteun word, gaan steeds van krag tot krag met uitstekende terugvoer van die jong kollegas. Soos voorheen al genoem het die sukses van ons loodsprogram daartoe gelei dat ons meer fondse van die HWSETA vir die volgende twee jaar gekry het. Dit beteken dat ons al volgende jaar en die daaropvolgende jaar se VGD veeartse sal kan ondersteun –maar ons het nog mentors nodig. Ons het aansoeke van 60 mentors vir volgende jaar gekry, maar kort eintlik nog 30 om al die VGD veeartse te kan ondersteun en het dus die sperdatum vir aansoeke uitgestel. Reageer asseblief op die SAVV se epos in hierdie verband en kontak ons mentorskapprogrambestuurder, Annalie McCallum indien jy ‘n bydrae wil maak en so ons professie wil help versterk vir die toekoms. Alhoewel die mentorskapprogram baie suksesvol was, het verskeie van die VGD veeartse wat nie mentors gehad het nie, probleme ondervind, en dus wil ons genoeg mentors oplei om almal te kan ondersteun. Die feit dat ons ‘n sielkundige gewerf het om te help met die oplei vanmentors sowel as die SAVV lede wat die krisisbestuur inbellyn beman is ‘n opwindende toekomstige verwikkeling. Verteenwoordigers van die SAVV het die Fakulteit se Adviesraadvergadering op 12 November bygewoon. Die SAVV was ook genooi om ‘n rolspelerwerkswinkel oor die werks-gereedheid van nuut-gekwalifiseerde veeartse en veeartsverpleegsters te bespreek. Dr Tom Spencer, voorsitter van die SAVV se Opleidingskomitee het ons by hierdie vergadering verteenwoordig. Hy het terugvoer aan die Dekaan en ander lede van die fakulteit gegee oor “dag-1-vaardighede” sodat die opleiding van ons toekomstige veeartse en verpleegsters verder verbeter kan word. Die SAVV kyk ook daarna om met die fakulteit en UP se registrateur in gesprek te tree rakende die keuring van student vir die BVSc graad, met die oog daarop om ‘n beter balans in die kriteria te verkry. Mag jul almal ‘n geseënde en veilige feesseisoen beleef! Aan die wat gaan vakansie hou – ek hoop dat jul ‘n welverdiende ruskans sal geniet. Aan die wat gaan werk – ek hoop dat jul net besig genoeg sal wees! Dankie weereens aan die uitstekende SAVV direksie en VetHuis personeel vir hul bydraes gedurende die jaar, en aan almal vir jul wonderlike ondersteuning. Tweede-laaste, maar nie die minste nie, my dank aan my vrou Annamie en dogter Isabella vir hul liefde, opoffering en ondersteuning. Laastens, is ek ewig dankbaar teenoor ons Here God vir sy liefde, die wysheid wat Hy gee, sy redding en begeleiding. v Geseënde Kersfees, almal! Leon Ken Pettey: 082 882 7356, ken.pettey@up.ac.za Tod Collins: 083 350 1662, tcollins@isat.co.za Aileen Pypers: 072 599 8737, aileen.vet@gmail.com Willem Schultheiss: 082 323 7019, willem.schultheiss@ceva.com Nico Schutte: 023 626 3516, doknico@tiscali.co.za Ian Alleman: 072 558 4883, accommodation@nieu-bethesda.com Ellené Kleyn: 082 881 8661, kleynellene@gmail.com Mike Lowry: 084 581 2624, mikelowry@sai.co.za The following SAVA members are available on the SAVA stress management hotline. The SAVA Stress Management Hotline 24-Hour, Toll-Free Helpline: 0800 21 21 21

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=