VN August 2020

Vetnews | August 2020 3 Van die President Beste Kollegas, Die winter en die COVID-19 pandemie het ons nou stewig beet, en ons kan nie net oor ons fisiese gesondheid bekomerd wees nie. Ons moet ook aandag gee aan ons emosionele en geestelike gesondheid. Gedurende die webinaar met die presidente van die Noord-Amerikaanse Veeartseny-gemeenskap en die Britse Veterinêre Vereniging het altwee aangedui dat hul ‘n dramtiese toename in geestelike gesondheidsprobleme onder veeartse gedurende die coronavirus-grendelperiode ondervind het. Ons kan onsself net voorstel dat dit dieselfde sal wees in Suid-Afrika. Daar is talle addisionele stressors en ‘n toename in aspekte wat angs veroorsaak gedurende hierdie uitdagende tyd. Hoewel ons bevoorreg was om gedurende die aanvanklike grendelperiode te kan aanhou werk, omdat veeartsenydienste as noodsaaklik verklaar is, het meeste veeartse ‘n dramatiese afname in inkomste gedurende hierdie fase ervaar. Veeartsenypraktyke het geleidelik na amper normaal teruggekeer met die verslapping van regulasies, maar baie van ons kliënte, veral die wie se bedrywe nie deel van noodsaaklike dienste vorm nie, ly steeds as gevolg van ‘n swakker kontantvloei,. Dit het ook ‘n impak op veearstenypraktyke, welsynsorganisasies en veeartse in industrie, omdat talle kliënte die duurder behandelings, prosedures, troeteldierkosse en ander produkte van die hand wys. Daar is ook ‘n emosionele las wat daarmee gepaargaan omdat baie kliënte liewer hul diere laat gaan of selfs gendadeood laat toepas as gevolg van finansieële omstandighede. Veeartse en ander praktykpersoneel ervaar ook spanning weens die verhoogde risiko van blootstelling aan coronavirus. Ons is wel bevoorreg om as noodsaaklike diens steeds te kan werk, maar dit plaas ons tog in die spervuur, ongeag watter beskermende uitrusting ons dra en hoe goed ons ookal probeer om ons afstand van ander te behou. Dit skep angs onder veeartse en personeel, wat almal bekommerd is dat hul dalk mag aansteek en dan die virus mag oordra aan geliefdes tuis, wat dalk die risiko van erge komplikasies loop. Mense is kuddediere, en die konsep van isolasie, sosiale afstand en ‘ngebrekaanfisiese kontak is alles onaangenamenoodsaaklikhede wat deur die pandemie meegbring word. Ons doen ook beter in ‘n gevestigde roetine en stabliteit, en die onsekerheid en ontwrigting wat deur COVID-19 veroorsaak word, is addisionele stressors. Ons weet nie of en wanneer ons gaan aansteek nie, hoe ernsig die siekte sal wees en hoe lank ons lewens nog deur die pandemie aangeraak sal word nie. Die ontwrigting van onderwys is nog ‘n groot stressor. Ons kinders en veeartsenystudente trek swaar tydens hierdie akademiese jaar. Baie is wel bevoorreg om toegang tot aanlyn lesings van hoë gehalte te hê, maar dit kan nooit die plek inneem van direkte onderrig nie, veral wanneer dit kom by praktiese opleiding. Dan is daar ook nog die risiko van angs en depressie as gevolg vanminder sosiale en sportaktiwiteite. Veeartse ly reeds aan hoë vlakke van spanningsverwante en geestelike ongesteldhede, sowel as ‘n ontstellende hoë insidens van selfmoord. Dis dus reg om bekommerd te wees oor ‘n moontlike toename hiervan onder die invloed van die huidige pandemie. Ons moet voortdurend op die uitkyk wees vir tekens hiervan by onsself en ons kollegas. Onthou asseblief dat daar altyd mense is wat vir jou lief is en wat omgee vir jou welstand. Jy is nooit alleen nie! Vir die van ons wat glo, is dit uiters belangrik dat ons tyd afstaan om die Woord van God te lees en om tot die Here te bid vir sy ondersteuning, leiding en liefde, en ook om onsself oop te maak vir die troos vandieHeiligeGees. Dis ookbelangrikdat ons voorbidding doen vir ander wat swaarkry gedurende hierdie tyd. Dis SAVV Krisislyn is geskep juis vir tye soos hierdie. Moet asseblief nie huiwer om in te bel as jy behoefte daaraan het om met ‘n begrypende kollega te praat nie. Die SAVVmaak ook vorderingmet die reël van beradingsopleiding deur ‘n sielkundige vir ons kollegas wat die Krisislyn beman. Daar is ook ‘n lid van die Departement Sielkunde van die Rhodes Universiteit wat die SAVV genader het oor die moontlikheid van navorsing oor aspekte van die geestelike gesondheid en die hoë vlak van selfmoord onder veeartse in Suid-Afrika. Ek glo dat dit uiters belangrik is dat sy die navorsing doen, want as ons nie kan uitvind wat agter die probleme lê nie, sal ons ook nooit opossings kan vind nie. Ons hoop dat sy gou die nodige fondse sal bekom om die projek te kan begin. Onthou ook asseblief van die COVID-19 bottelnek wat verwagword indie praktiese blootstelling by die Fakulteit Veearstenykunde, waar sesde-jaar studente steeds praktiese verpligting sal hê wanneer die vyfde-jaar groep in Augustus met hul praktiese opleiding begin. Die Dekaan, Prof Vinny Naidoo, het bevestig dat van die sesde-jaars vir langer periodes as die gewone twee weke by privaatpraktyke sal moet deurbring. Dit kan ‘n wen-wen situasie vir die studente, die praktyke, en die fakulteit wees, want hierdie bykans-gegradueerde studente behoort ‘n goeie bydrae te kan maak terwyl hul leer hoe praktyke regtig funksioneer. Hul is ons toekomstige veeartse, sohelpasseblief om te voorkom dat hul te ver agterraak. Die SAVV direksie het ingestem om lede wat studente vir langer tydperke inneem, afslag te gee op hul SAVV-ledegeld. Hierdie sesde- jaars is volgende jaar se VGD (CCS) veeartse, en ons hoop om hul daar verder te kan ondersteun deur die SAVV/SAVR mentorskap- programwat ekstra fondse vir die volgende twee jaar ontvang het. Mag ons Here God voortgaan omons te seën, te lei, ons veilig te hou en aan ons vrede te gee gedurende hierdie stormagtige tyd. Die uwe in geloof, hoop en liefde. v Leon

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=