VN April 2020

Vetnews | April 2020 3 Van die President Beste Kollegas Die tyd van die jaar sien ons uit na Paasfees, wanneer ons die draaipunt in die geskiedenis vier, die tyd toe onse Here Jesus Christus, die Seun van God, sy lewe gegee het as betaling vir ons sondes, en opgestaan het uit die dood sodat ons, as ons in Hom glo, ook die ewige lewe mag hê. Met die viering van die tweeling- eeufees van veeartseny-opleiding en die SAVV in 2020 is dit goed om terug te kyk na ons geskiedenis en weer herinneringe aan die pioniers van die professie en ons vereniging op wie se skouers ons staan, op te roep. Om weer te dink oor die merkwaardige dinge wat ons voorgangers kon vermag met die beperkte inligting, toerusting en medikasie waartoe hul toegang gehad het. Hul vindingrykheid, durf endeusettingsvemoë iswerklik legendaries. Ekwonder soms of ons nie te afhanklik geraak het van die onmiddelike inligting, gesofistikeerde toerusting en moderne medisyne wat nou beskikbaar is nie, en dat ons sommige basiese beginsels, intuïtiewediagnostiese vermoëns envindingrykebenaderings tot behandelingwat die grondslag vanons professie is, agterweë laat nie. Die April-uitgawe van VetNuus fokus op ons geskiedenis en SAEVA, en dit laat mens dink daaraan dat Sir Arnold Theiler die Veeartseny-navorsingsinstituut by Onderstepoort gevestig het deels om daar Afrika-perdesiekte te kan bestudeer en moontlik ‘nentstof daarvoor te ontwikkel, waarnahy ookdie eerstedekaanvandie Fakulteit Veearstenykunde geword het. Gedurende die afgelope eeu het ons baie vordering gemaak met betrekking tot die diagnose en behandeling van Afrika- perdesiekte, maar die siekte is steeds ‘n uitdaging en bedreiging vir die perdebedryf inons land. ‘nBelangrike deel vandie voortdurende verbetering vanons kennis van en beheer oor Afrika-perdesiekte, en ander siektes, is akkurate siekterapportering en indiening van monsters. SAEVA, SAEHP en die ERC versoek vriendelik dat alle veeartse hul wetlike plig vervul deur alle verdagte gevalle van Afrika-perdesiekte aan te meld, om die regte monsters vir PCR-DNS toetse te neem en dadelik in die regtetoestandbydielaboratoriumintedienomso ‘nakkuratediagnoseteverseker. Kollegaswordookdaaraanherinnerdathulmoetsekermaakdatdieperdewathul inent korrek indie paspoorte geïdentifiseer is endat hul slegs teenoor inentingswat hul self gedoenhet, indiepaspoortmag teken. Besoekasbdie SAEVA sewebwerf vir meer inligting inhierdie verband. Die SAVV se besturende direkteur, Gert Steyn en ek het die voorreg gehad om die SAEVA AJV tydens hul kongres in Februarie by te woon. Hul is ‘n aktiewe en goed- georganiseerde groepwat trots kanwees op hul kongres en die bydraes wat hul tot beidedieprofessieenperde-gesondheid indiealgemeenmaak. Ongelukkigmoes Gert en ek ons reis na IVOC (International VeterinaryOfficers Coalition) opWaiheke EilandenookmybywoningvandieWêreldveeartseny-vereniging(WVV)sekongres in Auckland, Nieu-Seeland gedurende April kanselleer as gevolg van die risiko verbonde aan die COVID-19 pandemie (ons vlugte sou ‘n lang stop in Singapoer ingesluit het). Gelukwense aan Dr CliveMarwickmet sy onlangse verkiesing as een van tweeWVV raadslede vir Afrika. Die SAVV is trots opClive se prestasie. Siekterapportering, identifikasie van diere en beheer oor verskuiwing van diere bly ook steeds ‘n uitdaging vir die produksiedierbedryf, soos weer uitgewys deur die onlangse bek-en-klouseeruitbreke in die Limpopoprovinsie. Die SAVV lewer voortdurend ‘n bydrae, veral deur ons lidmaatskap van die NAHF, waar ons ook insette lewer tot die hersiening vandie dieresiekteregulasies. Terug by die geskiedenis. Ons moet Prof Gareth Bath en die komitee van die Veeartseny-geskiedenisvereniging, saam met Corné Engelbrecht en haar SAVETCON-span gelukwens met die aanbeid van ‘n baie suksesvolle 44e Twee- jaarlikseKongresvandieWAHVMbydieFarmInnHotelenKonferensiesentrumbuite Pretoriavanaf27–29Februarie. Diekongreswasbygewoondeur40afgevaardigdes van tien lande, wat ook die toer van dieMuseumvan Veeartsenygeskiedenis almal terdeë geniet het. Na die besoek aan die museum het hul ook gaan kyk na waar ons vandagopleidingaanbied, en ‘nblikopdie toekoms vanopleidinggekrymet ‘n besoek aandie nuwe uitstekende vaardigheidslaboratoriumvandie Fakulteit. Ek doen ook weer ‘n beroep op alle kollegas om Prof Bath te ondersteun is sy poging om inligting rakende die geskeidenis van die SAVV en sy takke en groepe te versamel. Hoewel hy reeds heelwat inligting ontvang het, sal ons ons eeufees nog beter kan vier as hy nogmeer waardevollemateriaal ontvang. ‘nGeseënde Paasfees vir almal. v Groete, Leon de Bruyn The following SAVA members are available on the SAVA stress management hotline. If required, they will refer you to professionals. The SAVA Stress Management Hotline is there to assist members who are experiencing personal problems by offering access to professional counselling/advice. The hotline can assist with referrals or simply offer much needed emotional support when anxiety, depression, anger, grief, loneliness and fear are at their highest. Ken Pettey 082 882 7356 ken.pettey@up.ac.za Tod Collins 083 350 1662 collins@nudvet.co.za Aileen Pypers 072 599 8737 aileen.vet@gmail.com Willem Schultheiss 082 323 7019 willem.schultheiss@ceva.com Nico Schutte 023 626 3516 doknico@tiscali.co.za Ian Alleman 072 558 4883 accommodation@nieu-bethesda.com Ellené Kleyn 082 881 8661 elly1@mweb.co.za Mike Lowry 084 581 2624 mikelowry@sai.co.za

RkJQdWJsaXNoZXIy OTc5MDU=